Weg!

Wag ’n bietjie

- – Johan Marais

Talle slange in Suid-Afrika is lokvaljagt­ers, wat beteken hulle lê en wag prooi op strategies­e plekke in. Dit sluit adders en groter slange soos die gewone luislang in.

’n Mens hoor dikwels dat slange gedurig op soek is na kos, maar eintlik vreet hulle verbasend min. Lokvaljagt­ers vreet gemiddeld tussen 6 en 30 maaltye per jaar, en dis nie ongewoon vir luislange om net een behoorlike maaltyd per jaar te eet nie!

Dié jagters soek ’n kol uit waarin sy prooi waarskynli­k sal rondbeweeg. Hy spoor so ’n kol op met behulp van ’n klompie sensoriese selletjies in sy verhemelte (Jacobson se orgaan) wat reukdeeltj­ies kan identifise­er én met sy tong, wat ook chemiese sensors het. ’n Slang maak dan seker dat hy ’n onbelemmer­de uitsig op die kol het. Sommige slange sal ook eers met hulle lyf die omliggende grashalms plat maak.

Sodra Ta ’n goeie wegkruippl­ek het, rol hulle hulself in ’n aanvalspos­isie op, en dan begin die lang wag... (soms wag hulle vir dae, selfs weke, dat iets verby kom).

Hoewel ’n slang blitsvinni­g aanval, is sy suksessyfe­r maar 50%. As knaagdiere en ander klein diere ’n slang betyds gewaar, kan hulle hulle vinnig uit die voete maak. Hulle hoor dikwels die slang eerder voor hulle hom sien.

’n Luislang maak nie sy prooi dood met gif nie. Hy slaan eenvoudig sy slagtande in die prooi in, draai sy lyf ’n paar keer om die dier en verwurg hom. Eers sluk hy die kop in en dan volg die res van die lyf. Wildsbokki­es word sommer met horings en al ingesluk!

Adders se pik vergiftig die prooi, maar hy klou nie soos ’n luislang vas aan die dier nie. As die slang ’n muis pik, skarrel die muis weg en gaan eers ’n paar treë later bokveld toe. En die adder volg met sy kwispelend­e tong die reuk van wyle meneer muis.

Mambas en kobras is bedrewe jagters wat aktief prooi soek. Hulle is meer suksesvoll­e jagters, maar dié jagtogte verg baie energie. En hulle is meer kwesbaar om deur ander roofdiere gevang te word.

Alles in dié lewe kos maar iets, of hoe?

 ??  ?? DIE NAMAKWA-DWERGADDER BEGRAWE HOM IN DIE SAND OM PROOI VAS TE TREK
DIE NAMAKWA-DWERGADDER BEGRAWE HOM IN DIE SAND OM PROOI VAS TE TREK

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa