Weg!

Met die maan(de) gepla

- – Willie Koorts

Van die vroegste tye af het mense met behulp van die Maan die seisoene bepaal. In Ou Engels beteken mona “maan” en monath, “maand”. Ons kan dus aflei dat “maan” en “maand” dieselfde oorsprong het en dat die maansiklus op die een of ander manier aan ons kalenderja­ar gekoppel is. Maar waar kom die maande se name vandaan?

Het jy al gewonder hoekom juis Februarie ’ n ekstra dag kry in ’ n skrikkelja­ar? En hoekom is Oktober die tiende maand as okta eintlik “agt” beteken in Latyns? Net so beteken deca “tien,” maar Desember is die twaalfde maand. Nou hoe nou?

Ons maandestel­sel het sy oorsprong in die Romeinse Ryk. Die oorspronkl­ike Romeinse jaar het slegs 10 maande gehad.

Die Romeine was stryders, en daarom het hulle hulle eerste maand (Maart) na die Romeinse god van oorlog, Mars, genoem; April is genoem na Aphrodite, die Griekse godin van liefde en skoonheid; Mei na die Romeinse godin van die lente, Maia; en Junie na Juno, die vrou van Jupiter en die Romeinse godin van die huwelik en voorspoed vir vroue.

Dan is daar die eerste menslike verwysing: Julius Caesar. Die beroemde Romeinse keiser het sy eie naam in die kalender geplaas, vandaar Julie. Net so het Augustus Caesar homself die voorreg toegeëien...

Die res was net getalle. September beteken “die sewende maand”, Oktober

“die agste maand,” November “die negende maand” en Desember die tiende.

Januarie en Februarie is die “nuutste” maande en is omstreeks 700 v.C. deur Numa Pompilius bygevoeg. Hy was die tweede koning van Rome.

Hy het besluit die jaar moet begin met Januarie, genoem na Janus, die Romeinse god van hekke en oorgange, wat altyd uitgebeeld word met twee gesigte wat in teenoorges­telde rigtings kyk. Een kyk na die toekoms terwyl die ander ’n oog op die verlede hou.

Februarie het sy oorsprong uit Februa, die Romeinse fees van reiniging wat jaarliks in daardie tyd plaasgevin­d het.

Februarie kry byna elke vier jaar ’n ekstra dag by om ons Gregoriaan­se kalender (wat in 1582 deur pous Gregorius XIII ingestel is) in die pas te hou met die omwentelin­g van die aarde om die son. Die aarde neem 365 en ’n kwart dae om om die son te draai, en daarom moet die kalender “inhaal” om akkuraat te bly.

Die Overberg het g’n tekort aan padstalle nie, maar die Rolandale Restaurant & Farmstall staan letterlik uit – dié gebou is heldergeel geverf. Ek was op pad van Suurbraak na Swellendam op die N2 toe dié heldergeel letters my oog vang: Roosterkoe­k.

Dít kan ’n mens nie ignoreer nie. Rolandale is nou wel ’n plaasstal, maar Swellendam­mers kom ook hierheen vir gesinsetes en om van al die Europese toeriste te ontsnap.

’n Mens sou nie dink dat ’n plek wat langs die N2 geleë is, juis ’n vredige kol kan wees nie. Maar as jy hier sit met die groen grasperke en die Langeberg wat voor jou uitgestrek lê, vergeet jy gou van die lorries op die N2.

Hier is klimrame vir die kleintjies

(een lyk soos ’n skip), en tafels onder die bome vir Ma en Pa. Troeteldie­re is ook welkom. Binne wys ’n TV in die hoek die dag se belangriks­te sportwedst­ryde.

Vars lemoensap kos R20 en filterkoff­ie slegs R12! Op die spyskaart is staatmaker­s soos hamburgers (R40-R45), hoenderstu­kkies en slaptjips (R35), pasteie (R25) en roosterkoe­k met verskeie vulsels soos eier en spek (R40) en Nutella (R30).

’n Groot bord slaptjips kos R30.

Die proviand binne het ook heel billike pryse en ek kan nie anders nie as om ’n sakkie gemaalde koffiebone (R77) te koop. Die rakke is vol tee, konfyt, juweliersw­are en breekgoed in verskeie kleure en style. ’n Sepie met ’n koei op die papier lees “Moo’se lekker seep”. Moo’se lekker padstal, sou ek sê.

Waar? 8 km oos van Swellendam, langs die N2

Oop Elke dag van 8 vm. tot 5 nm.

Kontak 028 512 3383

 ??  ?? Tweekoppig­e Janus
Tweekoppig­e Janus
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa