Weg!

Wiesman Nel

Die Mongoolse Derby is die langste en moeilikste perdresies ter wêreld. Wiesman (40), ’n boer van die Vrystaat, het tweede geëindig uit 43 deelnemers, waarvan net 22 klaargemaa­k het. Wel, sou jy binne 10 dae 1 000 km te perd kon aflê?

- – Kyra Tarr

ONS GESELS MET

Wat behels die resies?

Die posstelsel met perderuite­rs as boodskappe­rs wat Genghis Khan in die dertiende eeu gevestig het, was die inspirasie agter die derby. Dié roete het destyds gestrek van die dorp Kharkhorin tot by die Kaspiese See – sowat 7 000 km!

Jy begin elke dag om 6.30 vm. ry; die afsnytyd is 8 nm. As jy laat is, word jy gestraf; hulle trek twee minute af vir elke oortydminu­ut. As jy baie laat is, moet jy maar aanklop by ’n plaaslike gesin of langs die pad kamp opslaan.

Daar is elke 40 km ’n stasie met veeartse, mediese personeel, beamptes en kostente, en hier saal jy ’n nuwe perd op.

Jy het 10 dae om die wedloop te voltooi. Daar is geen paaie of tekens nie – jy navigeer met ’n GPS.

Ry jy jou eie perde?

Nee, elke deelnemer ry oor die 10 dae 28 perde. Perde speel ’n integrale rol in die Mongoolse kultuur. Dis waarskynli­k die enigste land ter wêreld wat ’n wedloop soos dié kan aanbied – hulle het die plek én die perde! Sowat 1 500 perde van verskillen­de gesinne wat in die steppe woon, word vir die resies opgelei.

Wat doen jy as jy nie derby ry nie?

Perde was nog altyd my passie. Ek en my gesin bestuur die Moolmansho­ek- private wildreserv­aat naby Rosendal in die Vrystaat.

Die reservaat het sowat 250 perde. Dis een van die trekpleist­ers. Ek wou iets anders aanbied en neem gaste op ongeveer 8 uithouroet­es, waar ons tot 50 km per dag ry.

Hoe het jy by die derby beland?

Ek was op soek na ’n nuwe uitdaging en het toe begin om veeldagrit­te deur die berge van Lesotho en langs die Wildekus aan te bied. Op die roetes het ek ’n paar ouens ontmoet wat aan die derby deelgeneem het: Craig Egberink, ’n melkboer van Underberg wat in 2011 gewen het, en Barry Armitage, wat in 2017 gewen het.

Een van my kliënte het my gehelp om in te skryf. Sy woorde was: “Jy stretch ons altyd; nou is dit jou beurt om uitgedaag te word.”

Hoe het jy voorberei?

Die derby is in Augustus. Ek het in Februarie deur Lesotho gery en in April deur die Wildekus. Jy neem deel in ’n spesifieke saal wat die organiseer­ders verskaf. Ben Liebenberg van Mooirivier maak die saals. Dis ’n kleiner saal wat perde beter pas en is dus gemakliker vir die perde oor ver afstande. Ek het sowat 1 000 km in die nuwe saal deurgebrin­g en tussenin gedraf en maagspiero­efeninge gedoen om my core te versterk.

Perde se vermoëns verskil. Hoe hou hulle dinge regverdig?

Jy kies elke keer ’n nuwe perd volgens jou kennis en oordeel. Dis chaoties, want die beamptes verstaan nie juis Engels nie.

Die perd wat jy pas gery het, moet ’n veeartsond­ersoek slaag. Sodoende sorg hulle dat jy nie die dier onnodig hard ry nie. As die perd se hartklop nie in die toegelate tyd tot 56 slae per minuut daal nie, word jy met twee uur beboet. As dit drie keer gebeur, diskwalifi­seer hulle jou.

Dié ponies is klein, maar hulle is taai.

Beskryf die rit.

Dit is net jy, jou perd en die woestyn.

Op ’n goeie perd wen jy vinnig veld oor die wye oop vlaktes – soms kan jy tot 30 km ver galop. My vinnigste tyd was 40 km binne 2½ uur. Omdat die perde ’n groot deel van die Mongoolse kultuur vorm, ken hulle van lang afstande. Hulle herstel gou.

Die rit is ’n oefening in oorlewing, uithouverm­oë en ruitery.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa