Weg!

Kalahari Dreaming

-

deur David Hilton-Barber Lycaon Venture Limited, R180 by loot.co.za

David Hilton-Barber is ’n ervare joernalis, navorser en skrywer van verskeie geskiedkun­dige boeke.

Een van sy onlangse boeke, Kalahari Dreaming – The Romance of the Desert – bevat ’n aanhaling van Antoine de Saint-Exupéry: “What makes the desert beautiful is that somewhere it hides a well.” Inspireren­de woorde wat goed pas by hierdie ongewone en interessan­te bloemlesin­g met kort hoofstukke.

Die meeste boeke oor die Kalahari fokus op fauna en flora of is op een of ander manier ’n gidsboek. Hilton-Barber doen iets anders en kyk na die mense – digters, skilders, skrywers en avonturier­s – wat hulle inspirasie uit die Kalahari geput het.

Die boek vertel jou van die vroeë jagters en verkenners, soos Henry Hartley, wat beskryf is as ’n “heavy club-footed man with blue-green eyes and leonine hair”. En Scotty Smith, wat deur Lawrence Green gereken is as die “wildest of all the reckless men who rode the Kalahari frontier”.

Die San, die beweerde Verlore Stad, die droë Ngamimeer, die Dorslandtr­ek, die sendeling Robert Moffat en die magiese Tsodilokop­pies kry ook aandag in die boek.

Een van die treffendst­e aanhalings is deur Laurens van der Post nadat hy voetspore in die sand op ’n Kalaharipa­n gewaar het: “It was almost as if these footprints were the spoor of my own lost self, vanishing in the violet light of a desert of my own mind.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa