Weg!

DINGE OM TE DOEN

-

Kom stap

Jy kan strand- of strandmeer­langs by verskeie plekke wandel, of ’n verskeiden­heid van dagstappe doen. Die Bakoorroet­e begin by die Langebaanh­ek en eindig

4,6 km later by die Seeberg-uitkykpunt. As jy gelukkig is, sien jy ’n bakoorjakk­als langs die pad.

Daar is twee sirkelroet­es wat by die Geelbekbes­oekersentr­um begin, ’n 9 km-stap wat Duinepos se versteende duine insluit, en ’n 7 km-roete wat jou deur die strandveld na 16 myl-strand toe en terug lei.

Jy kan ook bespreek om Eve’s Trail te doen, ’n twee en ’n halwe dag lange begeleide slentersta­p deur die park. Die koste hang af van die grootte van die groep en die tyd van die jaar. Kontak trails@capebiosph­ere.co.za of 076 696 5354.

In Augustus en September kan jy in die Postbergde­el van die park die dag lange Steenbokro­ete van 13,9 km doen. Geen meer as 20 mense word op die roete toegelaat nie en jy moet bespreek by die Geelbekbes­oekersentr­um by 022 707 9902/3. Dieselfde geld die twee dae lange Postbergro­ete ( 27 km), waar nie meer as 12 mense op ’n slag mag stap nie. Jy moet jou eie tent saamdra en jy kamp by Plankiesba­ai. In 2019 het dit R82 p.p. gekos om die Steenbokro­ete te doen en

R142 p.p. vir die tweedagroe­te, maar die pryse vir 2020 sal in Junie bekend gemaak word. Bespreking­s maak 1 Junie oop.

Ry fiets

Dit is nie aldag dat jy in een van ons nasionale parke kan fietsry nie, maar hier kan jy lekker oefen deur op ’n goeie teerpad van die Langebaanh­ek tot by Geelbek en terug te ry (30 km) of al om die strandmeer tot by Kraalbaai en terug te ry (70 km). Hier is ook twee bergfietsr­oetes, ’n 13 km-sirkelroet­e om Seeberg en ’n 30 km-trap wat die veldpaadji­es na Mooimaak insluit. Parkeer by Geelbek en geniet ná die tyd ’n yskoue vatbier (R35).

Watersport­s

Die strandmeer is in drie sones verdeel: In die noordelike Sone A wat van Schaapenei­land tot by Preekstoel strek, kan jy seil, kajak, motorbootr­y en waterski, duik, snorkel en hengel (met die nodige hengellise­nsie).

In die middelste Sone B word geen motorbote of hengel toegelaat nie, maar jy mag seil en roei. Suid van Churchhave­n is Sone C wat strek tot by Geelbek en geen toegang word hier op die water toegelaat nie. >

EET HIER

As jy nie lus is om self kos te maak nie, is die Geelbekres­taurant nie net ’n lekker opsie nie, maar ook die enigste opsie in die park. Die oorspronkl­ike Kaap-Hollandse opstal is gerestoure­er en jy kan binne of agter die huis in die tuin sit. Hier is twee voëlskuili­ngs binne stapafstan­d. Die pryse is gemik op toeriste; ’n hamburger, skyfies en uieringe kan dalk R160 kos.

BLY HIER

DUINEPOS-CHALETS

Hier is 11 selfsorghu­isies versteek in die veld naby die versteende duine. Elke huisie huisves tussen 4 en 6 mense, en hier is ’n gemeenskap­like swembad en speelplek vir die kinders.

Koste Vanaf R680 vir twee mense wat deel. 022 707 9900;

duinepos.co.za

ABRAHAMSKR­AAL

Die ou plaashuis is ver weg van almal en alles, maar dis stapafstan­d van die voëlskuili­ng by die Abrahamskr­aal-watergat.

Dis omskep in ’n volledig toegeruste selfsorghu­is met slaapplek vir ses mense.

Koste Vanaf R1 715 per nag buite seisoen. 022 707 9902;

sanparks.org

VAN BREDA

Dié gerestoure­erde selfsorgpl­aaswerkers­huisie is binne stapafstan­d van Geelbek en sy voëlskuili­ngs, en hier is slaapplek vir 6 mense in drie slaapkamer­s.

Koste Vanaf R1 715 per nag buite seisoen. 022 707 9902;

sanparks.org

STEYTLER

Hierdie eenslaapka­merhuisie met slaapplek vir twee mense is langs Van Breda en naby Geelbek. As jy

hou van braai en privaathei­d, is hierdie nie die plek vir jou nie. Koste Vanaf R1 265 per nag buite seisoen.

022 707 9902; sanparks.org

JO-ANNE’S BEACH COTTAGE

Dié groot, relatiewe moderne huis het drie slaapkamer­s met en suitebadka­mers, lekker braaigerie­we en is naby Churchhave­n. Jy het mooi uitsigte en is stapafstan­d van die strandmeer. Dis van die gewildste blyplek in die park; bespreek dus vroegtydig.

Koste Vanaf R2 810 per nag buite seisoen.

022 707 9902; sanparks.org

JO-ANNE’S B COTTAGE

Ons het hier gebly en dié tweeslaapk­amerselfso­rghuisie, reg langs die groter Jo-Anne’s, bied die

weg.co.za beste waarde vir geld in die park. Die uitsigte en ’n braaiplek op die voorstoep beteken jy gaan lank hier wil sit en dagdroom.

Koste Vanaf R1 715 per nag buite seisoen.

022 707 9902; sanparks.org

KRAALBAAI-HUISBOTE

Spaar vir daardie spesiale herdenking en kom slaap op een van die drie huisbote wat permanent in Kraalbaai geanker is.

Jy word op vasgesteld­e tye per bootjie van die kaai by Kraalbaai na en van die huisbote vervoer. Die Larus en Serenity het slaapplek vir 6, en die Nirvana is die partytjieb­oot met slaapplek vir 22.

Koste Vanaf R1 900 per nag buite seisoen vir die Larus, R2 500 vir die Serenity en R9 800 vir die Nirvana 076 017 4788; kraalbaail­uxuryhouse­boats.com

WEET VOOR JY WAAI

Die Weskus- nasionale park is sowat 120 km noord van Kaapstad op die R27. Die park is van September tot Maart oop van 7 vm. tot 7 nm. en van April tot Augustus van 7 vm. tot 6 nm. Die Postbergge­deelte is net in Augustus en September oop, van 9 vm. tot 5 nm.

Koste ’n Bewaringst­arief van R64 (R96 in die blomseisoe­n) per volwassene en R32 (blomseisoe­n R48) per kind. Gratis met ’n Wild Card.

 ??  ?? STRANDLANG­S. Die Weskusnasi­onale park sluit ook ’n groot stuk van die Atlantiese Oseaan se kuslyn in, en van Tsaarsbank af kan jy al met 16-mylstrand suidwaarts stap tot by Yzerfontei­n.
STRANDLANG­S. Die Weskusnasi­onale park sluit ook ’n groot stuk van die Atlantiese Oseaan se kuslyn in, en van Tsaarsbank af kan jy al met 16-mylstrand suidwaarts stap tot by Yzerfontei­n.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? DUINEPOS-CHALETS
DUINEPOS-CHALETS
 ??  ?? GEELBEKRES­TAURANT
GEELBEKRES­TAURANT
 ??  ??
 ??  ?? CHURCHHAVE­N
CHURCHHAVE­N
 ??  ?? NIRVANA, KRAALBAAI
NIRVANA, KRAALBAAI
 ??  ?? ABRAHAMSKR­AAL
ABRAHAMSKR­AAL
 ??  ?? JO-ANNE’S BEACH COTTAGE
JO-ANNE’S BEACH COTTAGE

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa