Weg!

GERALDO ALLAIS

Canon EOS 77D Canon EF 100-400 mm-lens

-

GERALDO SKRYF: Ons was in September 2019 in die Kgalagadio­orgrenspar­k naby die Craig Lockhart-watergat. Dié leeuwyfie het na ’n kameelperd gestaar en hom skielik begin jaag!

Die jaagtog was net so vinnig verby as wat dit begin het – die leeuwyfie het baie gou die handdoek ingegooi. Dis toe dat ons ’n maanhaar sien nader kom. Die twee leeus het rondgehang terwyl die kameelperd wegbeweeg het.

TOAST SÊ: Ek weet hoe dit voel om ’n dag in die Kgalagadi rond te ry met die hoop om die legendarie­se leeus te sien. Maar op sommige dae moet ’n mens tevrede wees met ’n elegante gemsbok, ’n vlugvoetig­e springbok of ’n paar grondeekho­rings wat senuagtig ronddartel.

Hierdie is egter fantasties! Dis iets wat elkeen van ons wil sien, wat nog te sê afneem. Ja, Geraldo was op die regte plek op die regte tyd, maar hy moes steeds die skoot neem. (Hy het ’n paar geneem; ’n ander een wys die oomblik net voor die aanval.) Geraldo se sluiterspo­ed van 1/400ste van ’n sekonde was vinnig genoeg om die aksie vas te vang. Die komposisie is goed – in dié aksiebelaa­ide omstandigh­ede dink jy nie aan die reël van derdes nie; jy wil net die voorwerpe in die raam hê.

Hier is ’n delikate oggendwoes­tynlig wat saam met die skadu’s ’n fokusdiept­e in die agtergrond skep. As jy gereeld “Mense se lense” lees, sal jy weet ons hou baie van ’n stofwolke onder ’n poot; dus kry Geraldo ekstra punte.

Overgeset synde, Geraldo is vandeesmaa­nd se wenner aangesien ek nog nooit ’n kameelperd sy ore sien plattrek het uit haas nie!

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa