Weg!

CARL FOURIE

Canon EOS 5D Mk. lll Sigma 300 mm-lens

-

CARL SKRYF: Ek en my vrou, Christine, woon in Kaapstad, maar gaan minstens twee keer per jaar bos toe. Dié foto is geneem by die Phinda Forest Lodge in die noorde van KwaZulu-Natal.

’n Bosloerie is op elke voëlkyker se wenslys en ek is seker baie min mense het al die mannetjie (A) en die wyfie (B) op een dag gesien én goeie foto’s van elkeen geneem.

Die kontraster­ende rooi en groen is baie mooi. Die mannetjie het groen nekvere en die wyfie bruin nekvere. Voeg daarby die swart-en-wit vlerke en die twee geel kolle op die kop – geen wonder mense reis ver om een te sien nie.

Ek is baie bly ek kon hulle sien.

TOAST SÊ: Jy was voorwaar gelukkig, Carl. Die enigste keer toe ek een van hierdie voëls sien – en ek weet nie eens of dit ’n mannetjie of wyfie was nie – was doer ver in

’n boomtop. Dit was eerder die roep wat my aandag op die voël gevestig het.

Ernstige voëlkykers raak opgewonde oor die kleinste KBV (klein bruin voëltjie), maar kleurryke nommers soos die bosloerie en natuurlik die kroonjuwee­l – ’n Angolapitt­a – maak enige voëlentoes­ias effe duiseling.

Hierdie twee foto’s is baie na aan “besliste” beelde van dié voël, soos ’n voëlpêl van my dit noem. ’n Besliste beeld toon die hele voël met sy kenmerkend­e eienskappe, sy postuur – die goed wat maak dat ’n voëlkyker hom sal kan uitken. Die soort foto wat in ’n voëlboek gedruk sal word.

Dis puik foto’s. Hier is oogkontak en die lig laat die kleure straal. Onthou, in ligtoestan­de soos dié is die maklikste manier om jou ligverstel­ling reg te kry om jou ISO tot byvoorbeel­d 800 te verhoog. Dit laat jou toe om met ’n vinniger sluiterspo­ed te skiet wat bewegings- blur sal uitskakel.

Carl, jy mag maar tot die jaar 2022 spog! >

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa