Weg!

Maklike ontbytstra­ta

-

Genoeg vir 8 Bereidings­tyd 20 minute Gaarmaakty­d 1 uur

Oondtemper­atuur 180 ºC

Dié eenpangere­g maak jy sommer die aand voor die tyd al en druk dit dan net ’n uur voor die kinders opstaan in die oond.

Jy benodig

• 1 baguette met ’n harde kors • botter om te smeer

• 400 g spekrepe

• 250 g sampioene, fyngekap • 2 koppies gerasperde

cheddarkaa­s

• 6 eiers

• 1 koppie melk

• 1 koppie room

• sout en varsgemaal­de swartpeper na smaak

Só maak jy

1 Voorverhit die oond. Sny die baguette in skyfies van 1 cm.

Smeer ’n vuurvaste oondbak met botter en pak ’n laag broodsnytj­ies knus onderin.

2 Verhit ’n pan en braai die spek tot mooi goudbruin en gaar. Skep die spek uit die pan, maar behou die vet. Braai nou die sampioene hierin tot dit ook mooi goudbruin is.

3 Snipper die helfte van die gaar spek en meng dit by die sampioene in. Skep die helfte van die mengsel bo-op die broodlaag en sprinkel 1 koppie kaas oor.

4 Klits die eiers, melk en room saam en geur dit met sout en peper.

Skink die helfte van die mengsel stadig bo-oor die broodlaag sodat dit eweredig versprei. Pak nou nog ’n laag broodsnytj­ies gevolg deur die orige sampioene, kaas en laaste die repe heel spek vir die mooi (én lekker!). Skink die res van die eiervla oor en laat dit vir minstens 1 uur in die yskas (verkieslik oornag).

5 Bak die gereg vir 45-60 minute tot die eiervla gaar en die kaas gesmelt is. Jy kant dit net so warm óf soos ’n quiche teen kamertempe­ratuur voorsit.

 ??  ?? Camembertp­asteitjies met spek en spinasie
Camembertp­asteitjies met spek en spinasie

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa