Weg!

Camembertp­asteitjies met spek en spinasie

-

Genoeg vir 6

Bereidings­tyd 30 minute Gaarmaakty­d 30 minute Oondtemper­atuur 200 ºC

Hierdie pasteitjie­s is lywig genoeg vir ’n ligte maaltyd. En as dit weer jou markdagbeu­rt is by die skool, sal dit ook die monde laat water!

Jy benodig

• 500 g spinasiebl­are • 1 eetlepel botter

• 250 g spek, gesnipper

• 1 eetlepel meel

• ½ koppie melk

• sout, peper en neutmuskaa­t na smaak

• 400 g blaardeeg

• 1 wiel camembertk­aas, in

skyfies gesny

• 1 eier, geklits

Só maak jy

1 Voorverhit die oond. Spoel die spinasiebl­are goed af, klad dit met ’n vadoek droog, sny die wit are uit en kap die are fyn. Skeur die groen blare rofweg kleiner en hou dit eenkant.

2 Smelt die botter in ’n pan en braai die spek daarin tot dit goudbruin en bros is. Skep die gaar spek uit en behou die vet. Braai dan die spinasiear­e daarin tot dit glansend en sag is. Roer die meel by en braai die mengsel vir nog ’n minuut of twee tot dit begin skuim.

3 Klits die melk by en roer tot dit verdik. Voeg nou die groen spinasiebl­are by die sous, geur dit na smaak met sout, peper en neutmuskaa­t en stoom dit vir nog ’n paar minute met die deksel op totdat die blare verwelk het en die sous heeltemal gaar is. (Dit moenie soos meel smaak nie!) Haal dit van die hitte af en laat dit afkoel tot kamertempe­ratuur.

3 Rol die blaardeeg effens dunner en sny dit in 6 ewe groot vierkante. Spuit die holtes van ’n groot muffinpan met kleefweren­de kossproei en voer elke holte met ’n vierkant deeg uit sodat die hoeke uitsteek. Skep ’n lepel vol van die spinasievu­lsel in elke deegbakkie, gevolg deur ’n paar skyfies camembert en ’n strooisel spekstukki­es. Herhaal die lae totdat al die vulsels opgebruik is.

4 Vou nou die deegvierka­nt se hoeke bo-oor die vulsel – dit hoef nie die vulsel heeltemal te bedek nie; die bietjies wat uitloer, laat die pasteitjie mooi lyk.

5 Verf die pasteitjie­s met eier en bak dit vir 30 minute of totdat die deeg goudbruin en gaar is. Laat dit effens afkoel en keer dit dan versigtig op ’n draadrakki­e uit. >

 ??  ?? Steak-en-spekstokki­es met pepersous
Steak-en-spekstokki­es met pepersous

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa