Weg!

Gerookte varkrepe met ’n soetsuur sous

-

Genoeg vir 6 Bereidings­tyd 20 minute Gaarmaakty­d 15 minute

Dié varkliesre­pe is die spek se ouer boetie, met dieselfde geurigheid maar meer om die lyf.

Jy benodig

• 1 eetlepel olie

• 1 rooi soetrissie, in

blokkies gesny

• 1 duim vars gemmer, geskil

en fyngekap

• 1 knoffelhui­sie, fyngekap • ½ koppie vars lemoensap • 1 eetlepel tamatiepas­ta

• 2 eetlepels appelasyn

• 1-2 eetlepels bruinsuike­r

• 1 eetlepel soet sojasous

• 1 eetlepel mielieblom

• 2 eetlepels water

• 6 Kassler-varkspekre­pe

( pork belly rashers)

Só maak jy

1 Verhit die olie in ’n kastrollet­jie en braai die soetrissie, gemmer en knoffel tot geurig. (Hou die hitte matig, anders brand die knoffel voordat die rissie sag is.) Voeg nou die lemoensap, tamatiepas­ta, asyn, suiker en sojasous by en roer dit tot die suiker opgelos is. Meng die mielieblom in ’n aparte bakkie met genoeg water om ’n loperige pasta te maak. Klits dit by die sous in en laat dit vir ’n paar minute kook tot die mengsel dik en glansend is. Proe die sous en besluit of dit suurder, souteriger of soeter moet wees.

Hou die sous eenkant.

2 Verhit ’n riffelpan oor die kole of op die stoof. Klad die vleis met kombuispap­ier droog en rooster die repe vir ’n paar minute aan ’n kant tot gaar. Verf kort-kort van die soutsuur sousie aan. Dit behoort nie langer as 10 minute te neem totdat die repe deurgaar en die sous lekker taai is nie. Sit voor met die oorblywend­e sous.

 ??  ?? Gerookte varkrepe met ’n soetsuur sous
Gerookte varkrepe met ’n soetsuur sous
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa