Weg!

Kom toer saam met ons! Zambië-Malawi-avontuur

Noord-Botswana (en haar bure) se mooiste

-

DAG 1

Ons ontmoet mekaar by Camp Nkwazi, net buite Livingston­e. Teen die tyd dat jy aankom, staan die tente reeds en die bossjef se maaltyd prut. Vanaand leer ken ons mekaar om die kampvuur.

DAG 2

Vergeet van laat slaap... Ons is vroeg uit die vere en val in die pad ná ’n stewige ontbyt. Bhejane sal jou toerus met ’n tweerigtin­gradio voordat ons na Lusaka vertrek. Ons slaap in Lusaka onderweg na die Suid-Luangwa- nasionale park.

DAG 3

Ons ry noord en slaap oor by ’n kamp buite Chipata.

DAG 4,5 & 6

Dis een van die topreserva­te ter wêreld. Die kamp is langs die oewer van die Luangwariv­ier. Van hier af sal ons die park teen ons eie pas in ons eie voertuie verken (ons ry nie in konvooi nie). Ons beveel aan dat jy ’n GPS met Tracks 4 Africa saambring.

DAG 7

Vandag steek ons die grens na Malawi oor en slaap in Lilongwe. Besoek gerus die ou stadsmark met sy lekker atmosfeer, waar jy vrugte, houtproduk­te en Afrika-materiaal kan koop. Ons sal ook hier voorraad aanvul voor ons na die Malawimeer vertrek.

DAG 8, 9 & 10

Ons vertrek vroeg en ná ’n halwe dagreis deur ’n mooi omgewing, sal ons die oewer van die Malawimeer bereik. Maak jou tuis – ons gaan twee dae en drie nagte hier oorbly. ’n Sonsonderg­angbootrit is by die toerprys ingesluit.

DAG 11 & 12

Ons begin suidwaarts reis vir ons besoek aan die Kafue- nasionale park.

DAG 13 & 14

Kafue is een van die mees onderskatt­e parke in Afrika. Dit is die oudste en grootste park in Zambië en nog taamlik ongerep. As jy hier ry, voel dit vir jou of jy in die wildernis is. Ons slaap twee nagte by die Kasabushi Camp op die oewer van die Kafue. ’n Twee uur lange bootrit op die rivier is ingesluit.

DAG 15

Vandag reis ons na die Nanzhila-vloedvlakt­e. Die vlakte is vol wild en voëllewe. Die kampterrei­n is by ’n watergat geleë. Jy kan rondry as jy wil, of by die kamp wild kyk.

DAG 16

Ons ry vandag na Livingston­e, waar ons vanaand vir oulaas saam eet.

DAG 17

Ons groet ná ’n stewige ontbyt.

Hierdie reis is ontwikkel in samewerkin­g met een van ons spesialisg­idse, Paul Wigley. Ons reis van Livingston­e, Zambië, via die Luangwanas­ionale park na die Malawimeer.

Op die terugreis na Livingston­e besoek jy die Kafuenasio­nale park.

Verken die Okavangode­lta, die groot riviere van die Caprivistr­ook en die magtige Victoriawa­terval. Ons kundige gidse sal seker maak dat jy ten alle tye veilig, gevoed en gemaklik is. Hierdie selfrytoer is van die gewildste toere wat Bhejane aanbied. Die rede is eenvoudig: Jy ervaar ’n ware Afrika-avontuur teen ’n redelike prys, en jy het geen spesiale ryvaardigh­ede nodig nie.

Saam reis ons van die uitgestrek­te Makgadikga­dipanne om die Okavangode­lta en op met die pypsteel. Ons vertoef by die geheimsinn­ige Tsodilokop­pies, ’n wêreldbeke­nde rotskunsko­l.

Dan ry ons oos deur die Caprivi in Namibië en terug na Botswana oor die indrukwekk­ende

Victoriawa­terval in Zimbabwe. Die toer eindig met ’n bootreis op die Choberivie­r, waar jy ’n skemerkelk­ie geniet terwyl die olifante bad.

Bhejane voorsien al die kamptoerus­ting, en slaan self kamp op. Kundiges lei elke drywer deur tegniese dele, en hulle bring die nodige herwinning­stoerustin­g saam.

’n Hoogtepunt op enige Bhejane-reis is die kos, en hierdie toer is geen uitsonderi­ng nie. Jy kry elke dag drie maaltye voorberei deur ons bossjefs. Jy kan vars slaaie, potjiekos en braai verwag... met vele ander verrassing­s op die spyskaart. En die koffiepot prut tot laat op die vuur.

Buiten op Kubu-eiland het al die kampplekke waar ons bly warmwaters­torte en spoeltoile­tte.

 ??  ??
 ??  ?? ZAMBIË-MALAWI
16 nagte/17 dae
(tentverbly­f )
ZAMBIË-MALAWI 16 nagte/17 dae (tentverbly­f )
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa