Weg!

STAP, STAP, EN STÁP

Spanje, Peru of... Japan? In 2020 neem Weg stapgroepe na vier verskillen­de bestemming­s. En as jy nie kans sien vir die groepding nie, kan jy nou ook jou oorsese staptoer deur ons bespreek en jou eie ding doen.

-

INKA IN PERU

Wanneer 29 Maart tot 6 April 2020

Wat? Beleef ’n stukkie van Peru en die kultuur van die locals, en loop die befaamde Inka-roete in die Andes tot by Machu Picchu, een van die Sewe Wonders van die Wêreld. Die Inka-roete is kort – sowat 45 km in totaal – en die staptog van 4 dae behels hoogstens 16 km per dag.

Onthou egter dis op ’n hoogte van meer as 3 000 m bo seevlak en dis in die berge. Die reis begin met ’n paar dae in Cusco en die Heilige Vallei sodat jy kan akklimatis­eer.

Weg sê Hierdie is een vir die wenslys en die roete is skouspelag­tig. Machu Picchu is uiteraard ’n groot hoogtepunt, maar jy gaan verskeie ander Inka-terreine langs die pad sien wat ewe indrukwekk­end is en wat jy nie met ’n horde toeriste hoef te deel nie.

Beginners is welkom, maar word aangemoedi­g om bulte te oefen. Jy kan ook nie neusoptrek­kerig wees oor jou bad- en stortgerie­we nie.

Hoeveel? R39 295* p.p. wat deel

Wat sluit dit in? Vlugkaartj­ies, alle verblyf en alle vervoer, etes terwyl jy stap. Portiere dra 6 kg van jou bagasie – die res dra jy self.

FRANSE CAMINO IN SPANJE

Wanneer? 3 tot 12 April 2020

Wat? Die Franse Weg is die gewildste van al die roetes op die Camino de Santiago. Op hierdie toer loop jy die laaste sowat 115 km van Sarria af tot by die katedraal in Santiago de Compostela – genoeg sodat jy jou Compostela ( jou sertifikaa­t van voltooiing) kan gaan afhaal.

Die roete is nie te moeilik nie en die afstande per dag nooit te ver nie (die kwaaiste dag is 25 km). Beginners is welkom.

Weg sê Jy gaan verskeie outentieke Spaanse dorpe langs die pad sien, tradisione­le Spaanse kos eet en pelgrims van die wêreld oor op hierdie roete ontmoet.

Die laaste dag, wanneer jy die “Berg van Vreugde” (dis eintlik maar ’n heuweltjie) na Santiago oorsteek, is ’n groot lekkerte. Hoeveel? R28 940* p.p. wat deel

Wat sluit dit in? Vlugkaartj­ies, alle verblyf, die vervoer van jou rugsak bedags na die oornagdorp­e, agt ontbyte en aandetes, busvervoer (wanneer die groep nie stap nie).

PORTUGESE CAMINO IN SPANJE

Wanneer? 22 April tot 3 Mei 2020

Wat? Op hierdie Camino stap die groep die Portugese kusroete van Baiona, in totaal sowat 125 km, na die katedraal in Santiago de Compostela. Jy kwalifisee­r op hierdie roete ook vir ’n Compostela (’n sertifikaa­t van voltooiing). Naas die Franse Weg stap die meeste pelgrims hierdie roete. Die eerste dag is die moeilikste. Jy stap 28 km, maar daarna is die afstande rondom 20 km per dag. Dis ’n maklike roete en beginners is welkom.

Weg sê Dis die mooiste van al die Camino’s en jy gaan lang ente langs die strand stap. Daar is verskeie hoogtepunt­e, soos die Jules Verne-standbeeld in Vigo en die mooie dorpie Pontevedra. Pak jou swembroek in! Hoeveel? R35 400* p.p. wat deel

Wat sluit dit in? Vlugkaartj­ies, alle verblyf, die vervoer van jou rugsak bedags na die oornagdorp­e, nege ontbyte en sewe aandetes, busvervoer (wanneer die groep nie stap nie).

DIE KUMANO KODO IN JAPAN

Wanneer? 16 tot 28 Mei 2020

Wat? Die Kumano Kodo word as Japan se Camino beskou en dié antieke pelgrimsto­g, wat sedert die 10de eeu deur pelgrims gestap word, het ’n amptelike verbinteni­s met dié eeue oue pelgrimsre­is in Spanje.

Stappers wat reeds die Spaanse Camino afgelê het, kan aansoek doen om ’n spesiale sertifikaa­t in Japan.

Weg sê Spaar maar – dis epies! Die totale pelgrimsre­is is “net” 69 km, maar moenie dit onderskat nie. Beginners is welkom, maar jy sal moet bulte oefen voor jou reis.

Prys R46 500* p.p. wat deel

Wat sluit dit in? Vlugkaartj­ies, alle verblyf (vyf nagte op die Kumano Kodo, 2 nagte in Kioto en 3 nagte in Kurashiki), alle ontbyte, vervoer na die volgende oornagdorp en treinkaart­jies tussen die groot stede.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa