Weg!

EET EN KOOP HIER

-

Hello Eatery

By dié bistro kan jy heeldag ontbyt eet, ’n reuse-burger (R75) bestel (die pattie is tuigemaak!), en ook varsgebakt­e brood

(R35) en dík melkskomme­ls (R38) kry. Vir ’n ligter maaltyd is die broodpeuse­lbord (R45) met gerasperde kaas en konfyt ’n uitstekend­e opsie.

Waar? Kerkstraat 42

Oop Ma. tot Sa. van 8 vm.-5 nm. Kontak 079 873 1526; soek vir “Hello Hopefield” op Facebook

COURTYARD RESTAURANT

Die Courtyard Classic (’n ruim porsie varsgebakt­e brood, roereier, spek, wors, uie, geroosterd­e tamatie en gesoteerde sampioene, R60) is ’n moet. Nie so honger nie? Bestel dan die granola met jogurt en heuning (R35).

Waar? Agter die Mill Country Fairpersee­l in Kerkstraat

Oop Sa. van 10 vm.-2 nm.

Kontak 022 723 1528

DIE PLAASMOL PADSTAL

Dis ’n kwekery, padstal, kroegie én restaurant net buite Hopefield. Bestel ’n bordjie aartappels­kyfies en iets te drinke. En moenie vergeet om op pad uit ’n pakkie biltong te koop nie.

Waar? Sowat 1 km wes van Hopefield langs die R45 in Vredenburg se rigting

Oop Ma. tot Vr. van 9 vm.-5 nm. Kontak 074 924 8478; soek vir “Die PlaasMol (Hopefield)” op Facebook

CHEF AND FARMER

Trooskos gemaak van plaaslike bestanddel­e. Die sop van die dag (R30) verander saam met die seisoene en word met pitabrood voorgesit. Hulle bedien ook burgers, vis-en-skyfies en ’n allemintig­e 400 g-T-beensteak met skyfies (R120).

Waar? Voortrekke­rstraat 24

Oop Di. tot Sa. van 9.30 vm.-8 nm. So. van 10 vm.-3 nm.

Kontak 071 023 1078;

chef-and-farmer.business.site

MILL COUNTRY FAIR

As daar iemand op Hopefield is wat kombucha fermenteer, met beet boer of brosbrood bak, sal jy hulle én hulle produkte by dié weeklikse markie raakloop.

Waar? Kerkstraat

Oop Sa. van 10 vm.-2 nm.

SIMPLY BEE

Helena van der Westhuizen, die eienaar, sê sy strewe daarna om natuurlike produkte werklik natuurlik te hou. Proe maar van Simply Bee se heuning en jy sal verstaan hoekom dié goue nektar Hopefield se gesogste uitvoerpro­duk is. Buiten heuning kan ’n mens ander produkte ook aanskaf, soos skoonmaakm­iddels met ’n byewasbasi­s of heuninghan­deroom. En gaan loer ook agter in die winkel – daar staan ’n glaskorf waarin ’n mens kan sien hoe die bye werk.

Waar? Kerkstraat 31

Oop Ma.-Vr. van 9 vm.-5 nm. Op Sa. sluit die winkel om 4 nm.

MOOI OM TE SIEN

DIE NG KERK SE ORREL

Dis na bewering een van slegs tien Forster & Andrews-orrels in die land en sowat ’n eeu oud.

Die orrel word mooi bewaar en steeds bespeel. Dis enorm! Van die pype is byna 5 m hoog. Hoor by die kerkkantoo­r of daar dalk ’n uitvoering of oefening is in die tyd wat jy op Hopefield kom draai en gaan sit dan en luister.

Waar? Hoek van Voortrekke­ren Kerkstraat

Kontak 022 723 1416 (kerkkantoo­r)

DIE MONTE CHRISTO-TEATER

Op die laaste Saterdag van die maand is hier ’n optrede. Dis meestal plaaslike musikante, maar kunstenaar­s soos Rocco de Villiers het al opgetree. Die vertoning sluit ’n ete in. Bel vir pryse.

Waar? Rivierstra­at 52

Kontak 083 440 6644;

montechris­tohopefiel­d.co.za

 ??  ?? HELLO EATERY
HELLO EATERY
 ??  ?? DIE PLAASMOL PADSTAL
DIE PLAASMOL PADSTAL
 ??  ?? MILL COUNTRY FAIR
MILL COUNTRY FAIR
 ??  ?? NG KERK
NG KERK

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa