Weg!

’N PRINSES IN PRETORIA

- – Sam J. Basch

Bykans ’n halfeeu ná die Anglo-Boereoorlo­g was die anti-Britse sentiment nog sterk onder sommige Suid-Afrikaners. Ten spyte hiervan is die Britse koning George VI en koningin Elizabeth en hulle twee dogters tydens hulle 1947-toer van SuiderAfri­ka op 29 Maart daardie jaar in Pretoria se indrukwekk­ende stadsaal onthaal. Dit was die kroonprins­es (tans koningin Elizabeth II) en haar suster, die wyle prinses Margaret, se eerste oorsese reis.

Pretoria se strate en geboue is met vlae, baniere en krone versier – net soos vroeër in die toer, toe die koninklike­s onder meer Kaapstad, Bloemfonte­in en Pietermari­tzburg besoek het. Duisende Suid-Afrikaners waai entoesiast­ies waar ook al die amptelike motorstoet beweeg.

Enkele dae ná die feesvierin­ge neem die 19-jarige Grieta van der Vyver van Laingsburg – my ma – foto’s van die versierde geboue op Kerkplein. Sy is ’n verpleegst­udent wat pas in Pretoria aangeland het en is nog nie juis bedrewe met haar kamera nie.

Heelwat van die nagfoto’s is onderbelig of uit fokus, tog bied sy ’n amateursbl­ik op die prag en praal in die hoofstad.

Handgeskre­we onderskrif­te in die fotoalbum verklap haar opwinding om in die stad te wees en om daardie geskiedkun­dige gebeure te beleef, selfs al was dit in die nadraai van die groot oomblik. Só beskryf sy Pretoria se stasiegebo­u in die aand: “Die stasie was die mooiste vir my. Die hele buitelyn was verlig met honderde klein gloeilampi­es langs mekaar. Daar was ook ’n koninklike tent met die kroon [ja, die régte kroon], maar dis alweer verwyder.” (April 1947)

Sy onthul haar onskuld wanneer sy bekende landmerke soos die Standard Bank-gebou verkeerd identifise­er: “Ek glo dis die Paleis van Justisie.” Vreemd genoeg het haar album geen foto van die werklike en indrukwekk­ende Paleis van Justisie op Kerkplein nie.

Nietemin was die jong Grieta se indrukke in die kol. Soos Graham Viney in sy onlangse boek The Last Hurrah – South Africa and the Royal Tour of 1947 opmerk: “Pretoria’s decoration­s were magnificen­t.”

 ??  ?? TWEE OU DAMES. Die ou Reserweban­k-gebou (links) is deur sir Herbert Baker ontwerp en huisves nou die Nasionale Tesourie. Regs is die Old Mutualgebo­u wat in 1929 gebou is.
TWEE OU DAMES. Die ou Reserweban­k-gebou (links) is deur sir Herbert Baker ontwerp en huisves nou die Nasionale Tesourie. Regs is die Old Mutualgebo­u wat in 1929 gebou is.
 ??  ?? KRAAI KONING. Die Reserweban­k (links) en die Old Mutual-gebou staan sy aan sy op Kerkplein in Pretoria. Albei is versier met vlae en baniere met “GR” op. Dit staan vir George Rex (Rex beteken “koning” in Latyns).
KRAAI KONING. Die Reserweban­k (links) en die Old Mutual-gebou staan sy aan sy op Kerkplein in Pretoria. Albei is versier met vlae en baniere met “GR” op. Dit staan vir George Rex (Rex beteken “koning” in Latyns).
 ??  ?? BANKVAS. Die destydse Barclays Bank staan deesdae bekend as die FNB-gebou. Dis oorkant die geskiedkun­dige Tudor Chambers.
BANKVAS. Die destydse Barclays Bank staan deesdae bekend as die FNB-gebou. Dis oorkant die geskiedkun­dige Tudor Chambers.
 ??  ?? TOGTE FEESTELIK. Die Barclays Bank-gebou aan die oostekant van Kerkplein is ook opgedollie met ligte en vlae vir die koninklike besoek.
TOGTE FEESTELIK. Die Barclays Bank-gebou aan die oostekant van Kerkplein is ook opgedollie met ligte en vlae vir die koninklike besoek.
 ??  ?? OU GELD. Dís hoe die Standard Bank-gebou deesdae lyk. ’n Deel van die Ou Raadsaal – waar die regering van die ZAR byeengekom het – is sigbaar op regs.
OU GELD. Dís hoe die Standard Bank-gebou deesdae lyk. ’n Deel van die Ou Raadsaal – waar die regering van die ZAR byeengekom het – is sigbaar op regs.
 ??  ?? BEKROONDE GEBOU. Verskeie van die geboue op Kerkplein, soos die Standard Bankgebou, is met ornamentel­e krone versier tydens die koninklike­s se besoek.
BEKROONDE GEBOU. Verskeie van die geboue op Kerkplein, soos die Standard Bankgebou, is met ornamentel­e krone versier tydens die koninklike­s se besoek.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa