Weg!

Kyk hoe rol ek my oë

Verkleurma­nnetjies lyk koddig, maar hierdie akkedisse met hulle uitpeuloë kan dinge doen wat jou sal verbaas! Vertel jou maats dié feite.

- SAAMGESTEL DEUR MARIJCKE DODDS

Omtrent die helfte van hulle kom op die eiland Madagaskar voor, en die res in Afrika, Asië en Suid-Europa.

Die spesies verskil baie van mekaar in voorkoms en grootte. Party is byna so klein soos ’n vuurhoutji­e se kop (regtig!), terwyl ander spesies weer so groot soos ’n huiskat raak! En dan wissel hulle kleure ook van heldergroe­n tot bruin, blou of oranje.

Hulle hou in grasvelde, woude, woestyne en selfs hoog bo teen die hellings van berg Kenia.

ONS NOEM DIÉ RY STEKELTJIE­S OP ’N VERKLEURMA­N SE LYF ’N RUGKAM

Die stekels verskil van spesie tot spesie – dit kan groot en eweredig gespasieer wees óf klein, en stomp en oneweredig. Soms het die rugkam ook ’n ander kleur as die res van die lyf.

NÓG N POOT

Afgesien van die knyppote het die verkleurma­n nóg ’n grypledema­at – sy stert. Dié vyfde “poot” sorg dat hy goed kan klim. Wanneer die verkleurma­n rus, is die stert styf opgerol. Die meeste akkedisspe­sies kan hulle sterte afgooi as hulle bedreig word en wil ontsnap, maar ’n verkleurma­n kan dit nie doen nie en as sy stert afgekap word, groei dit nie terug nie.

VERKLEURMA­NNETJIES KAN BAIE MOOI SIEN

Elke groot oogbal kan op sy eie ronddraai – daarom kan ’n verkleurma­nnetjie op dieselfde oomblik in twéé verskillen­de rigtings kyk!

DIE LYF IS OORTREK VAN HOBBELRIGE SKUBBE

Die pote is goed aangepas en help die dier om ’n stewige houvas op ’n tak te kry. Die skerp naels help ook vir vasklou. Hy beweeg byna geluidloos en daarom word hy ook ’n “trapsuutji­es” genoem.

Het jy gedink dat ’n verkleurma­n sy velkleur verander om mooi by sy omgewing in te pas? Dit is nie hééltemal waar nie. Nee, dis die verkleurma­nnetjie se reaksie op dinge soos lig en die temperatuu­r. Wanneer dit warm is, raak ’n ver-kleurman se velkleur ligter; as hy koud kry, raak sy velkleur donkerder.

Hulle gebruik ook hulle veranderen­de velkleur om met mekaar te gesels en is glád nie skugter oor hulle gevoelens nie!

’n Mannetjie sal dalk helder kleure wys om ’n wyfie se aandag te probeer trek. Die wyfie antwoord dan ook met ’n sweempie kleur om te sê of sy van hom hou, of nie.

’n Mannetjie sal ook sekere kleure aanneem om ander mannetjies af te skrik. Skoert, jy! Dis mý boom dié!

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa