Weg!

DOEANEFIAS­KO (’N KORT TONEELSTUK)

-

TONEEL 1: Dit stortreën terwyl Patrick en Marie by die besige Rwandese Gatunagren­spos aankom.

Hier is een klein gebou met ’n nog kleiner onderdaklo­kaal waar ’n mens uit die gietende reën kan staan. Ongeveer 30 mense stoei om uit die nattigheid te bly.

RWANDESE IMMIGRASIE­BEAMPTE (RIB):

“Julle moet US$30 p.p. (R440) betaal om Rwanda binne te kom.”

MARIE: “Hoe nou?”

RIB: “Jou Oos-Afrika-gemeenskap­svisum het verval. Toe jy uit Kenia na Tanzanië gereis het, het jy die OosAfrika-gemeenskap verlaat.”

MARIE: “Wat?!”

RIB: “Jou OAG-visum het verval in Tanzanië.”

MARIE: “Maar die visum is geldig vir 90 dae en dit sluit in Rwanda, Uganda en Kenia?”

RIB: “Dis nou nietig; jy moet weer betaal.”

TONEEL 2: Patrick staan en kyk hoe Marie die RIB aanvat.

Die omstanders volg terwyl die bekgeveg voortduur.

In die eindronde staan

Patrick nader – hierdie is immers ’n spanpoging. Albei partye verlaat die kryt gekneus.

Ons het nie besef dat die visum ’n mens net toelaat om in ’n bepaalde rigting te reis nie. Kortom: Van Kenia af moes ons na Uganda, en dan Rwanda reis. En nie Tanzanië – wat nie ’n OAG-land is nie – binnegaan soos wat ons gedoen het nie.

Ons visum het tussen Kenia en Tanzanië verval en geen beampte het dit vir ons gesê nie. Ons kon nie verder reis nie!

Die gestry het voortgeduu­r en die beampte het ons paspoorte gekonfiske­er. Benoude oproepe is gemaak na die Suid-Afrikaanse (Patrick) en Franse ambassade (Marie). Die Suid-Afrikaanse ambassade het ons aangeraai om op te dok en vinnig uit die land te kom.

Ek het teruggegaa­n om te betaal, maar die beampte het geweier: “Julle is onwettig in die land. Julle paspoorte sal na Kigali gestuur word.”

Ons was baie traag om die

150 km- (5-10 uur) ompad te vat om die drama uit te sorteer.

Die Franse ambassade het ’n paar toutjies getrek en gesê dat die beampte ons paspoorte sal teruggee as ons US$30 p.p. betaal. Ons het betaal en so gou moontlik die pad gevat.

Die Uganda-kant van die grenspos het nog gewag en dit sou waarskynli­k dieselfde storie wees. Maar daar is ons sonder enige vrae deurgelaat.

 ??  ?? KIBALE- NASIONALE PARK
KIBALE- NASIONALE PARK

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa