Weg!

Van Kidepo na Kumi na Kenya

-

Die Kidepovall­ei- nasionale park is volgens locals een van die moetsienpl­ekke in Uganda. Dié afgeleë mooi park moet egter in die reënseisoe­n vermy word.

Dis in die verre noorde van die land, op die grens met Suid-Soedan. Dit het ons 10 uur geneem om die 390 km van die Murchisonw­aterval af te reis. Ons het wel op die dorp Kitgum oornag.

Kidepo is wild met net ’n basiese padnetwerk en geriewe. Ons het drie aande in die park gebly (US$40 toegang p.p., US$50 vir jou voertuig en US$30 p.p. vir kamp; R2 780 vir ons twee per dag) in een van die twee kampplekke.

’n Wildernisg­ebied is ekstra-spesiaal wanneer dit reën, en om te ry op die gladde, nat paaie in Kidepo was avontuurli­k... En toe val ons vas. Dit was ongeveer 3 km van ons kampplek af.

Met ons staatmaker-panga het ons groot takke afgesny, dit onder die Hilux se wiele geplaas en sodoende het ons losgekom. Die paaie het gemaak dat ons net twee keer op wildritte gegaan het, maar ons het steeds heelwat leeus gesien, en ’n baie ougat babaskilpa­d.

Hiervandaa­n mik ons na Kenia deur Uganda se Karamoja-streek waar nomadiese krygers woon. Die stamlede dra eienaardig­e hoede wat herinner aan Dr Seuss se Cat In The Hat.

Maar wees gewaarsku – dis ’n gevaarlike gebied. Van die locals het ons vertel dat ’n mens hier ’n koei vir ’n AK47 kan verruil!

Hier was al ’n paar ontwapenin­gsooreenko­mste sedert die middel 2000’s en dis nou veiliger om in die gebied te reis. Nodeloos om te sê het ons nie hier wild gekamp nie en is voort met die Ngorapad waarop ons 340 km binne 8 uur afgelê het.

Uit die bloute het ons by die dorpie Kumi ’n bord gesien wat lees: “Nyero Rock Painting Site.” Ons was op pad na die Keniaanse grens, maar ons sou dit nie voor donker haal nie.

Die terrein by Nyero dateer terug na die Steentydpe­rk en is van Uganda se oudste en belangriks­te rotskunste­rreine. Ons het ’n gids gehuur wat saam met ons rondom ’n groot dagsoom van granietins­elberge geklouter het om die drie hoofpanele te verken. Mense, diere, kano’s en vreemde sirkels word uitgebeeld.

Vroegaand is ons saam met G&T’s by een van die groter inselberge op om die sonsonderg­ang te geniet. Die einde van ons epiese tog was in sig...

Ná Uganda was ons op pad huis toe. Van hier af ry ons deur

Kenia, Tanzanië, Malawi, Zambië en Zimbabwe om betyds te wees vir Kersfees in Suid-Afrika.

 ??  ?? MAANHAAR, KIDEPOVALL­EI- NASIONALE PARK
MAANHAAR, KIDEPOVALL­EI- NASIONALE PARK
 ??  ?? ’N KARAMOJA-STAMLID MET SY KENMERKEND­E KODDIGE HOED
’N KARAMOJA-STAMLID MET SY KENMERKEND­E KODDIGE HOED

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa