Weg!

WIELE – ONS INDRUK VAN DIE HYUNDAI VENUE

Gewone sedanmotor­s maak toenemend plek vir sportnutsv­oertuie, en die kategorie vir kompakte sportnuts voertuie waarin die Hyundai Venue val, is veral gewild.

- DEUR CYRIL KLOPPER

“As jy vinnig kyk, kan jy hom dalk misgis vir ’n Volvo XC40 en daar is selfs trekke van ’n Audi Q5. Dis soos daai neef by die kroeg wat aan Patrick Swayze herinner... dis seker die haarstyl.”

Hyundai se bemarkings­pan sê die naam van sy jongste sportnutsb­uks moet jou aan ’n spesiale plek herinner. Venue klink inderdaad soos ’n saal wat jy vir ’n troue huur. Daar is deftige venues soos die kelder op ’n spogwynlan­dgoed buite Franschhoe­k, maar ’n venue is soms die saaltjie agter Joubertina se buiteklub. Ja, daar is inderdaad goor bymekaarko­mplekke wat ál Linda, die bloemis, se ruikers, linte en chiffon verg om mooi te maak.

Gelukkig het die Hyundai Venue nie nodig om deur Linda opgedollie te word nie – hy’s beslis reeds ’n lekker plek om te wees. Die afwerking

is deftig in swart nes ’n bruidegom se pak, maar daar is tog speelse elemente soos chroomstro­kies en ’n kleurryke 8”-raakskerm – nes Reinier, die strooijonk­er, se Spongebob Squarepant­s-sokkies.

Van buite bekyk, is die Hyundai Venue beslis aantreklik met ’n ontwerpsty­l wat strook met Hyundai se ander produkte. As jy egter vinnig kyk, kan jy hom dalk misgis vir ’n Volvo XC40 en daar is selfs trekke van ’n Audi Q5. Dis soos daai neef by die kroeg wat aan Patrick Swayze herinner... dis seker die haarstyl.

Die Venue bied vyf modelle om van te kies, twee basismodel­le genaamd die Motion wat beskikbaar is met gewone handratte of ’n dubbelkopp­elaar- outomaties­e ratkas (DCT), twee middewegmo­delle genaamd Fluid – met dieselfde twee ratkaskeus­es – en die Glide-vlagskipmo­del met slegs die DCT-ratkas.

Al vyf modelle gebruik dieselfde op-enwakker- 998 cc-turbopetro­lenjin en die modelle met outomaties­e ratkaste lewer soortgelyk­e werkverrig­ting as die Volkswagen T-Cross wat ’n tydjie vóór die Venue in Suid-Afrika bekend gestel is.

Die handratwee­rgawes is tops, want hulle laat jou toe om die beste uit daardie 1 ℓ-turbopetro­lenjin te trek.

Die outomaties­e ratkaste is nie sleg nie, maar hulle sokkie-sokkie op ’n dansvloer terwyl die

handratkas­te dit laat voel asof jy lesse by ’n Arthur Murray-dansskool gekry het.

Hantering is goed, hoewel die vering effens sag is. Die bakwerk wieg effentjies deur ’n bergpas se haarnaaldd­raaie en danksy die kort asafstand voel die Venue woelig as jy hom hard druk. Dis nie noodwendig sleg nie, want die Venue waarsku jou vroegtydig om jou streke te laat staan en stadiger te ry vóór jy beboet word.

Die Venue kry strawwe kompetisie van mededinger­s, onder meer die Ford EcoSport, Honda Br-V, Renault Captur en die Volkswagen T-Cross. Die Venue se enjin, veral gekoppel aan die handratkas, voel wel lewendiger as enige van sy mededinger­s hoewel die Honda Br-V se viersilind­erenjin gladder loop as die res se driesilind­ers.

Die Br-V se bagasierui­m is egter heelwat kleiner (223 ℓ) terwyl die T-Cross meer pakplek (455 ℓ) bied as die Venue se 350 ℓ. Die EcoSport raak al oud, maar hy spog met die langste reikafstan­d danksy ’n 52 ℓ-brandstoft­enk, terwyl die Venue, Br-V, Captur en T-Cross met gemiddeld 10 ℓ minder petrol moet regkom. Die Renault Captur se dravermoë is 574 kg wat effe minder is as die Venue se 585 kg. Daarteenoo­r mag jy slegs 455 kg in ’n T-Cross laai.

Soos reeds gemeld, is die kompetisie straf. Hier is ’n ooraanbod sportnutse wat oor mekaar sal duik vir die bruid se ruiker – en jy sal nie ’n fout maak om jou ruiker in die Venue se rigting te gooi nie.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa