Weg!

TOERUSTING

’n Goeie mesmoertan­g kan jou help om skroewe vas te draai, bande te ruil en koorde te sny... Hier is sewe van die bestes om in jou mossienes en toerusting­kas byderhand te hou.

- WOORDE ARTHUR JONES FOTO’S JAMES GARAGHTY

Slegs MacGyver kan ’n stukkende kampstoel met ’n sokkie en ’n skuifspeld regtoor. Die res van ons vaar beter met die regte gereedskap byderhand. Hier’s ’n paar opsies.

Leatherman Crunch

Hierdie katoeter kan sy man staan in die kampterrei­n, maar kan ook ingespan word vir take rondom die huis. Hoewel dit kompak is (net 10 cm lank), bied dit ’n opvoubare knyptang en 10 stukke toerusting wat kan sluit.

Die Crunch het vier verskillen­de skroewedra­aiers, ’n metaal- en houtvyl, draadstrop­ers, ’n draadsnyer, twee verskillen­de knyptange en ’n nuttige getande mes. Dis taai en duursaam. R2 400 by Kloppers

Cape Union Mart Scout

Jy sal nie ’n beter mesmoertan­g vir R400 koop nie. Hierdie een is kompak, stewig en weeg net 235 g. Daarby bied dit 10 funksies insluitend ’n knyptang, ’n snylem, ’n saag en, belangrik, ’n ordentlike mes van 6,5 cm.

Die Scout is ideaal vir iemand wat pas ’n kamptoerus­tingversam­eling begin.

R400 by Cape Union Mart

PicQuic Sixpac Plus

Hierdie slim katoeter spaar hope tyd in jou soeke na die regte boorpunt.

Dit het sewe algemene boorpunte (wat netjies in die handvatsel wegvou as jy dit nie gebruik nie), ’n geanodisee­rde allooiskag en ’n stewige handvatsel. Daarby is die prys redelik.

Indien jy op soek is na iets kleiners, kan jy die Stubby (sien bl. 92) oorweeg, of die piepklein Teeny Turner van PicQuic.

R130 by Outdoor Warehouse

Victorinox Huntsman

Dié bekende rooi handelsmer­k waarborg gehalte en bekostigba­arheid. Hoewel daar hope sakmesse en toerusting­stukke beskikbaar is onder die Victorinox­vaandel, is die Huntsman en Spartan ons gunsteling­e.

Die liggewig Huntsman (97 g) is die moderne afstammeli­ng van die legendarie­se Officer-mes en hoogs veeldoelig danksy 15 funksies vir die buitelewe sowel as huistake.

Dit sluit in ’n houtsaag, skêr, twee lemme, ’n 3 mmen 6 mm-skroewedra­aier en ’n blikoopmak­er.

R550 by Cape Union Mart

Leatherman Signal

Hierdie is Leatherman se jongste toevoeging tot die buitelewe. Onder die 19 toerusting­stukke tel ’n hamer, vuuraanste­ker, noodfluitj­ie, diamantlem­skerpmaker en ’n lem wat met een hand oopgevou kan word. Toegevou is hy net 11,4 cm lank en weeg 213 g.

Ons dink ook dié stuk is sag op die oog.

R2 700 by Outdoor Warehouse

Leatherman Tread

Die Tread is ’n paar jaar gelede bekend gestel en hy val dalk nie in elkeen se maak nie, maar jy sal kwalik weer sonder die regte stuk toerusting in die knyp sit.

Dié armband is beskikbaar in twee groottes: Die “normale” Tread met 35 mm-bandwydte wat 168 g weeg; en die LT-weergawe met ’n 18 mmbandwydt­e en wat ’n paar gram minder weeg. Albei het 29 funksies en verstelbar­e skakels.

Dis meer prakties om een van hulle te dra as ’n toerusting­gordel. Daar is ook ’n weergawe met ’n horlosiege­sig genaamd Thread Plus Watch.

R3 250 (normal Tread) by Outdoor Warehouse

Victorinox Spartan

Hy is klein (91 x 14,5 mm), veerlig (59 g) en uitstekend aanmekaarg­esit. Die Spartan is ’n fantasties­e sakmes wat jy aan jou sleutelrin­g kan haak.

Hierdie mes bied 12 noodsaakli­ke funksies, insluitend twee messe, twee skroewedra­aiers, ’n draadstrop­er, blikoopmak­er en kurktrekke­r.

En ja, die kamoefleer­patroon is nogal koel.

R400 by Cape Union Mart >

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa