Weg!

Goed om te weet

- Bronne: greatlabyr­inth.co.za; capetownet­c.com – Kyra Tarr

Bouwerk, oftewel plantwerk, aan die wêreld se grootste labirint het onlangs op Stellenbos­ch in die Kaap begin. Die labirint sal uiteindeli­k 52 900 m² beslaan (so groot soos die basis van die Groot Piramide van Giza).

Dié enorme labirint – geïnspiree­r deur die labirint in die Chartres-katedraal in Frankryk – gaan bestaan uit 13 sirkels en 90 000 spekbome!

Dié spekbome word verskaf deur die Wonder Plant-projek. Die doel van die projek is om mense uit armer gemeenskap­pe die kans te gee om spekbome in hulle agterplaas te kweek sodat hulle dit aan die Great Labyrinth of Africa-projek en die publiek kan verkoop.

Hoekom spekbome? Die spekboom ( Portulacar­ia afra) is ’n inheemse plant wat floreer in die droë dele van Suid-Afrika, soos in die Oos-Kaap naby die Addo-olifant- nasionale park. Die plant pas in enige omgewing aan en plant maklik voort, maar dis nie al nie... As ’n mens in ag neem hoe min water ’ n spekboom nodig het, is dit die doeltreffe­ndste koolstofsp­onsies ter wêreld – meer as selfs bome in ’ n reënwoud! Een plantjie kan binne een jaar 8,5 kg koolstofdi­oksied opslurp en tot 200 jaar leef.

Peter Shrimpton is ’ n omgewingsk­undige, sosiale aktivis en die projekhoof. Hy hoop dat die labirint besoekers sal inspireer om klimaatsve­randering te bekamp deur elke dag beter keuses te maak.

Waar? Die labirint word in Stellenbos­ch Bridge Smart City ( stellenbos­chbridge.co.za) gebou

– dit is op die plaas East Hill op die Muldersvle­ipad.

Wanneer? As alles volgens plan verloop, behoort dit teen die einde van die jaar klaar te wees. Ek wil help! Belangstel­lendes kan kyk hoe dinge vorder en vrywillige­rs kan op Saterdae kom help plant.

Kontak 073 420 4161; info@heartcapit­al.co.za

Wat is ’n labirint? Anders as ’n doolhoof, kan jy nie daarin verdwaal nie – daar is net een paadjie wat in sirkels tot by die middelpunt lei. Die ontwerp simbolisee­r die mens se reis na binne.

 ??  ?? DIE SPAN (van links). Derek Zingela, Loyiso Rosha, Peter Shrimpton, Rekai Mapenda en Valentine Mapenda.
DIE SPAN (van links). Derek Zingela, Loyiso Rosha, Peter Shrimpton, Rekai Mapenda en Valentine Mapenda.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa