Weg!

Sterreweg

-

Die Suid-Afrikaans gebore Elon Musk is deesdae besig om honderde satelliete die ruimte in te stuur. Sy maatskappy, SpaceX, sal eersdaags meer werkende satelliete in die wentelbaan om die aarde hê as die res van die wêreld se satellieto­perateurs saam! Dis nogal skouspelag­tig om ’n oorvlug van hulle te sien terwyl hulle nog na aan mekaar is – dit lyk soos ’n satelliett­reintjie.

Ongelukkig moet jy ondervindi­ng van satellietj­ag hê om hulle te kan dophou – daar is nie genoeg plek in dié rubriek om dit in detail te verduideli­k nie. Maar ’n mens moet iewers begin... Kom ons begin dus by die helderste satelliet – die Internasio­nale Ruimtestas­ie (ISS).

Een van die beste webwerwe vir satellietv­oorspellin­gs is heavens-above.com. (Die app se naam is Sky Live: Heavens Above Viewer.)

Eerstens moet jy die dorp of stad waarvandaa­n jy wil kyk, aandui. Dit doen jy onder “Configurat­ion” op die webwerf en “Settings” op jou slimfoon. Die selfoon se ingeboude GPS is hier baie handig.

Om voorspelli­ngs vir oorvlugte van die Internasio­nale Ruimtestas­ie te kry, klik eenvoudig daarna op “ISS” (op die webwerf én foon). As jy op die datumvoors­pelling klik, kry jy ’n mooi sterrekaar­t wat presies wys hoe die satelliet teen die sterreagte­rgrond gaan oorbeweeg.

Op die slimfoon word ingeboude sensors ingespan sodat jy dit kan mik in die rigting van waar die satelliet besig is om te beweeg.

In Maart doen die Internasio­nale Ruimtestas­ie vir ’n week oorvlugte soggens, en ’n week saans. Dis so helder dat jy dit nie maklik kan miskyk nie! Probeer om ook ander helder satelliete of Elon Musk se Starlinks te vind. Geniet jou satellietj­agtog!

Willie Koorts

Kyk Willie se YouTube video by bit.ly/ watchthesk­y vir meer inligting oor Elon Musk se Starlinks-satelliete.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa