Weg!

Aftrekplek

-

Marnitz is, soos hulle grappender­wys sê, “mar niks,” maar by dié jolige padstal (wees op die uitkyk vir die geel windpomp) van Henk en Anél Malan gaan jy geholpe raak indien jou maag knor. Biltong en droëwors kos R240/kg en chilli bites R300/kg.

Hou stil onder ’n kremetart en maak jou tuis op die stoep. Hier is skoon badkamers en speelplek vir die kinders. Die tuisgemaak­te pasteie word saam met skyfies én slaai bedien, en is groot genoeg vir ’n groot aptyt. Die hoenderpas­tei kos R54 en wildspaste­i R52. Jy kan ook bevrore pasteie koop en huis toe vat sodat jy eers weer oor ’n week of wat hoef te kook.

Burgers en skyfies kos tussen R58 en R79. Roosterkoe­k met maalvleis kos R50, met kaas en konfyt R25, of sonder vulsel R15. Nog meer avontuurlu­stig? Vra vir pap en kaiings gebraai uit varkvet – dit kos R52. Jy kan koffie en koeldrank bestel, asook lekker melkskomme­ls (R30-R38), maar slaan gerus ook jou mond aan die tuisgemaak­te gemmerbier (R11,50).

As jy régtig honger is, steek jou hand op vir die biefstuk, boerewors, skyfies en slaai – R145. Die ontbytpors­ie (R65) is ook groot: spek, boerewors, eiers, roosterbro­od en gebraaide uie en tamatie. Meer besadigde opsies op die spyskaart is biltongsla­ai (R65) en Griekse slaai (R45).

Vir nagereg kan jy ’n sny kaaskoek (R36) of Bar One-koek (R39) kafdraf, of dalk koeksister­s saamvat – R25 vir ’n klein pakkie en R48 vir ’n groter pak.

Hier word ook braaihout (knoppiesdo­ring) teen net R20 per sakkie verkoop, en halfmenspl­ante vanaf R70.

Snuffel ook tussen die rakke rond vir geskenke. Baobab verkoop onder meer Die Boervrou-reeks seep en velroom wat vlugtige olies bevat; handgemaak­te pottebakke­ryprodukte soos koffiebeke­rs, gebreide velle (nguni, koedoe, rooibok, springbok); en matte wat van nguni-, sebra- en kameelperd­vel gemaak word.

Wat nog? As jy tyd het vir sports, bespreek vooraf ’n rit met die Bosveld Uber. Pieter Matlou span sy donkies Japie en Poon voor die karretjie in en daar gaat jy! Hulle ry genadiglik met die grondpad langs en nie op die N11 nie.

Dit kos R50 per rit en die geld help met die donkies se voer.

Die padstal verkoop ook oulike hoede en T-hemde met die padstal en Bosveld Uber daarop geadvertee­r. Hier is ook slaapplek reg langsaan, of op die Malans se plaas ’n paar kilometer ver.

Waar? Marnitz is op die N11, net 35 km duskant die Groblersbr­ug-grenspos

Oop Ma.-Vr.: 7 vm.-6.30 nm.; Sa.: 7 vm.-5 nm.;

So.: 7 vm.-12 nm. In die winter maak hulle soggens ’n halfuur later oop, en op weekdae maak hulle al om 5.30 nm. toe.

Kontak 082 708 1928 (Anel); 082 851

2151 (Henk); anel.malan@worldonlin­e.co.za; Instagram: @baobab_padstal

– Toast Coetzer >

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa