Weg!

Wen ’n Weg- kamerasak ter waarde van R520 met jou foto

-

PETER SMITH

Panasonic DMC-TZ60

PETER SKRYF: Ek’s ’n afgetrede geoloog van Springbok, Namakwalan­d. Ek en my vrou hou daarvan om met sonsopkoms en -ondergang saam met ons honde oor die heuwels om die dorp te stap. Die terrein is rof; dus gebruik ek ’n kompakte kamera eerder as ’n bonkige lenskamera en ’n driepoot. Ek het tans ’n Panasonic DMC-TZ60 en skiet gewoonlik in “priority mode” teen ’n hoë verstellin­g, om die fokusdiept­e te verbeter.

Ek probeer om nie foto’s te manipuleer nie, en laat die lig praat. Ek maak soms net klein veranderin­ge aan helderheid en kleur versadigin­g.

TOAST SÊ: Hierdie is ’n ongewone foto! Dis glad nie tipies van hoe ’n mens ’n kokerboom in dié omgewing sou afneem nie.

Ek sou dalk ’n flits gebruik het (hoewel ek nie normaalweg daarvan hou nie). Daarby sou ek die twee bome van verder af afneem sodat ek die naaste boom se volle kroon in die raam kan kry eerder as gesny soos op Peter se foto.

Ander fotograwe sal die toneel dalk anders afneem. Ek aanvaar die flits wat gebruik is, is ingebou. Deur dit te gebruik het Peter die boom mooi verlig en steeds die agterste boom in silhoeët behou (net ’n effense gloed het die verste boom bereik). Dit lyk byna asof ’n nag- en dagtoneel saamgevoeg is.

Deur die takke so nou te raam maak die boom interessan­te heuning koekvorms. Voeg daarby die oranje laatlig en Peter se foto is werklik besonders.

Uitstekend­e werk, Peter! Geniet daai aandwandel­inge en stuur vir ons nog foto’s!

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa