Weg!

Vir die voëls

- DEUR FAANSIE PEACOCK

ABRAKADABR­A

Iewers tussen Philippoli­s en Springfont­ein sit ek in ’n skrapse skaduwee. Dis omtrent halfdrie die middag en die kraaie gaap. Hier heers ’n stilte soos ’n mens net in die Karoo kry... Ek is stoksielal­leen en verveeld. En toe sien ek ’n beweging in die yl boompie bo my en trek die verkyker nader. Eina! Die swart rubber van die ding brand my oogbanke, maar net vir ’n oomblik.

’n Draaihals gluur my aan waar hy byna verbloem teen die bas klou. Hy is meer produktief as ek in dié hitte, en is aan die opdos. Elke veer word gekam, getrek en dan weer in posisie geskud.

En hoe langer ek kyk, hoe mooier raak daai veertjies. Van ver af lyk ’n draaihals maar vaal en effekleuri­g, maar kyk ’n bietjie nader en jy sien ongeloofli­ke detail. My gunsteling­eienskap is ’n gebroke swart streep teen die rug af. Hulle grys gewaad laat hulle met die agtergrond van dooie hout saamsmelt. Hulle is immers ’n neef van die speg.

Nes spegte het hulle ook twee tone wat vorentoe wys en twee agtertoe – perfek vir klim en klouter. En ek word herinner aan nog ’n ooreenkoms toe my geveerde vriend ’n luilekker gaap gee: daai ellelange tong!

Spegte en draaihalse het ’n vreesaanja­ende tong met ’n klewerighe­id of stekeltjie­s op die punt. Ek het eenkeer die twyfelagti­ge voorreg gehad om ’n dooie draaihals vir ’n anatomiest­udie oop te sny.

Daai tong krul al die pad terug om en oor die skedel tot weer op die voorkop! En waarvoor dié apparaat? Die tong word diep in gaatjies en gleufies gedruk om insekte by te kom.

Draaihalse het ’n voorliefde vir miere en hulle eiers en papies, en bring baie tyd op die grond deur waar hulle mierneste oopgrou.

Daar is tog verskille tussen die draaihals en sy nefies. Eerstens het draaihalse nie versterkte stertvere om as ’n stut te dien terwyl hulle aan stompe vasklou nie. Daarom sien ’n mens hulle meer dikwels dwars op ’n tak sit.

En die luiaards grawe ook nie hulle eie nesholte in dooie hout soos ’n speg nie.

Hulle verkies om sommer ’n bestaande gat – gewoonlik dié van ’n speg, maar soms ’n natuurlike boomholte, mensgemaak­te neskas, hol paal of ou swaeltjien­es te gebruik. Die nes word dan netjies met stukkies bas en grashalms versier. Paartjies gebruik soms ook hulle nesholte om snags in te slaap, hoewel Meneer en Mevrou dikwels apart slaap en kos soek.

As jy ooit ’n draaihals vang, sal jy ’n intimidere­nde skouspel beleef. Hulle sis verskrikli­k terwyl hulle hulle nek heen en weer draai – tot so ver as 180°. Dit laat ’n mens nogal aan ’n slang dink, veral as hulle in ’n donker nesgat wegkruip. En dis ook hiervandaa­n waar die name draaihals en wryneck vandaan kom.

Hierdie gedrag het gesorg dat draaihalse desjare ’n reputasie gekry het. Selfs die wetenskapl­ike naam, Jynx, het so ’n verlangse verbinteni­s met towery. Jy weet mos: As jy met te veel selfvertro­ue oor die toekoms praat, dan jinx jy ’n gebeurteni­s; of jy kan ’n jinx oor iemand spreek.

Klink vir my maar na bog. Maar wat wel waar is, is dat daar veel meer aan hierdie voëltjies is as wat hulle vaal verekleed verklap.

 ?? DRAAIHALS ??
DRAAIHALS

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa