Weg!

Toe en nou

- – Kyra Tarr

Sodra ’n mens onder die prieel van die Labia-teater in Kaapstad deurstap, voel dit asof jy terugtree in tyd. Hier is ’n kaartjieka­ntoor in die agterste hoek van die ingangspor­taal waar jy net R60 vir ’n fliek betaal – jy kry ’n knipkaartj­ie! By die koffiewink­el kan jy iets te ete en drinke aanskaf (selfs ’n glasie wyn of iets sterkers word toegelaat) en by die lekkergoed­toonbank wag jellieboon­tjies in papierbeke­rtjies en springmiel­ies in bruinpapie­rsakke.

Welkom by die oudste onafhankli­ke kunsfliekt­eater in Suid-Afrika!

Die Labia is sy ongewone naam aan sy Italiaanse herkoms te danke. Die gebou was eens op ’n tyd ’n balsaal vir die Italiaanse ambassade (wat direk langsaan was) en die aristokrat­iese Italiaanse Labia-familie het in 1949 geld geskenk om die balsaal in ’n teater vir die uitvoerend­e kunste te omskep.

Die edelman graaf Natale Labia, wat later die titel van prins gekry het, was ’n diplomaat wat in 1917 na Suid-Afrika gestuur is. Volgens ’n artikel in The Guardian van ’n paar jaar gelede het graaf Natale baie ryk geword onder Mussolini se politieke bestel. Hy het glo die teater gebou om die Suid-Afrikaanse regering te bedank omdat hulle hom nooit gedurende die Tweede Wêreldoorl­og in hegtenis geneem het nie.

Verskeie uitvoering­s en toneelstuk­ke is in die jare sewentig hier op die planke gebring totdat ’n rolprentve­rspreider die perseel vir ’n eenmalige avant garde-fliekfees wou gebruik.

Die fliekfees was só gewild dat die eienaars besluit het om die teater in ’n voltydse bioskoop te verander.

In die apartheids­jare het die Labia ’n reputasie vir protes ontwikkel: Verbode flieks soos The War is Over – ’n prent oor

die kommunisti­ese revolusie in Spanje – is byvoorbeel­d hier vertoon.

Ludi Kraus, die huidige eienaar, het die bioskoop in 1989 bekom en begin om kuns-, kultus- en onafhankli­k vervaardig­de flieks te vertoon. Lokettreff­ers word ook elke nou en dan gewys.

Maar in 2014 het die teater begin agteruitga­an. Die ou projektors het steeds flieks op selluloïed­film vertoon, maar in daardie stadium was byna alle flieks slegs in digitale formaat beskikbaar. (Die laaste selluloïed­rolprent wat by die Labia gewys het, was die Britse geskiedeni­sfliek Belle, met Gugu Mbatha-Raw in die hoofrol; haar pa is die Suid-Afrikaanse akteur Patrick Mbatha.)

Kraus het deur middel van skarebefon­dsing ’n veldtog onder Kapenaars begin om sy bioskoop te red. En meer as R150 000 is ingesamel om die Labia se toerusting en voorportaa­l op te kikker!

Dis nie net Kapenaars wat graag ’n aand by dié beroemde teater geniet nie. Bekendes soos Matt Damon, Salma Hayek, John Cleese en Colin Farrell is ook al by die Labia opgemerk.

Van balsaal tot rolprentte­ater – ná 70 jaar se bestaan het die Labia bewys dat ’n mens by jou omgewing kan aanpas sonder om jou siel te verloor.

 ??  ?? OPENINGSAA­ND. Die Labiateate­r is amptelik in Mei 1949 deur prinses Ida Labia geopen wat die teater tot ’n tuiste vir die uitvoerend­e kunste verklaar het. Dit was vroeër ’n balsaal vir die Italiaanse ambassade.
OPENINGSAA­ND. Die Labiateate­r is amptelik in Mei 1949 deur prinses Ida Labia geopen wat die teater tot ’n tuiste vir die uitvoerend­e kunste verklaar het. Dit was vroeër ’n balsaal vir die Italiaanse ambassade.
 ??  ?? 70 JAAR OUD. Die Labia is vandag bekend as Suid-Afrika se oudste onafhankli­ke kunsfliekt­eater. Hy het verlede jaar sy 70ste herdenking gevier met ’n vroeë vertoning van
Rocketman, ’n fliek oor die lewe van die legendarie­se sir Elton John. Deur die jare het die Labia nog drie teaters bygekry, asook ’n koffiewink­el, kroeg en terras.
70 JAAR OUD. Die Labia is vandag bekend as Suid-Afrika se oudste onafhankli­ke kunsfliekt­eater. Hy het verlede jaar sy 70ste herdenking gevier met ’n vroeë vertoning van Rocketman, ’n fliek oor die lewe van die legendarie­se sir Elton John. Deur die jare het die Labia nog drie teaters bygekry, asook ’n koffiewink­el, kroeg en terras.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa