Weg!

AGTER DIE SKERMS

-

Réunion-eiland is ’n stapperspa­radys! Die fotojoerna­lis Shaen Adey het die Grande Randonnée Route 1 (GR R1) saam met die joernalis Fiona McIntosh aangedurf. Dié taai 60 kmstaptog kronkel om die eiland se hoogste spits, Piton des Neiges. Lees meer op bl. 42.

Waar het jy van die staptog gehoor? Ek het jare gelede die Grand Raid-ultramarat­hon op die eiland voltooi. Dele van die 162 km-roete het die GR R1-voetpad gekruis.

Die resies was fantasties, maar ek het ná die tyd gevoel die eiland se natuurskoo­n verdien meer aandag. Dis moeilik om jou omgewing in te neem wanneer jy mooi moet kyk waar jy trap, of wanneer jy die langste stuk van die marathon eers in die aand klaarmaak. Dié keer wou ek teruggaan om in die dorpies rond te drentel, kaas te eet en wyn te proe!

Wat was die hoogtepunt? Die dag waarop ons Piton des Neiges geklim het, het ons vroeg opgestaan om die spits teen sonopkoms te bereik. Die eiland se hoogste piek (3 070 m) het ’n asemrowend­e uitsig en is ook toevallig die hoogste piek in die Indiese Oseaan.

Met watter kamera het jy gereis? Ek het ’n Canon EOS 5D Mk. II saamgevat, met ’n 16-35 mm-lens vir wyehoeklan­dskapfoto’s en ’n 100 mm-makro-lens vir foto’s van blomme en insekte, sowel as portrette. Dit was swaar om rond te dra, maar beslis die moeite werd.

Het jy wenke vir stappers wat daarvan hou om foto’s

te neem? Hoewel ek ’n swaar lenskamera saamgevat het, is dit nie noodsaakli­k nie. Sommige van die nuutste kompakte kameras neem foto’s van uitstekend­e gehalte. Onthou, as dit by kompakte kameras kom, kry jy waarvoor jy betaal.

Koop dus die beste wat jy kan bekostig. Ek hou van Leicaen Zeiss-lense – hulle is duur maar skerp! ’n Optiese zoemlens is altyd beter as “digitale zoem” wat eintlik net jou foto’s vergroot en die gehalte beduiwel. Los jou driepoot by die huis as gewig ’n probleem is. Ek haal my pet af en sit dit op ’n rots. Die kurwe van die sonskerm is die ideale plek om jou lens op te rus.

Watter staptog is volgende? Ek wil die GR 20 op die Mediterree­nse eiland Korsika wil stap. Die 180 km lange staproete loop deur die bergagtige binneland. Ek sal ook enige tyd teruggaan Réunion toe om die 140 km lange GR R2 te stap.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa