Weg!

Draf ’n Spaanse draai

-

Ek en my vrou, Ans-Mari, het in April 2019 die dorpie Cadaqués in die noordooste van Spanje besoek. Ons was daar vir die Cap de Creus-bergwedloo­p, ’n marathon van 44 km rondom die skiereilan­d. Ons was te laat om in te skryf, maar niks verhoed ’n mens mos om ’n deel van die roete op jou eie te hardloop nie, of hoe?

Cadaqués was die halfpadmer­k van die wedloop. Dit sou die elite-atlete ’n hele paar uur neem om dit te bereik; dus het ons meer as genoeg tyd gehad om ’n stukkie te hardloop en betyds terug te wees om die voorlopers te ondersteun.

Die landskap herinner nogal aan die Wes-Kaapse berge – sonder die fynbos. Die see is mooi, met ’n baaitjie om elke hoek en draai. Die talle strandjies is bra klipperig en golfloos – die Middelland­se See is meestal kalmer as ’n plaasdam.

Aanvanklik was Cadaqués ’n vissersgem­eenskap, maar in die 1930’s is dit deur ’n reeks kunstenaar­s, onder wie Pablo Picasso en Marcel Duchamp, ontdek. Dis egter sinoniem met Salvador Dalí. Hy het ’n groot deel van sy lewe in Port Lligat, ’n gehuggie net buite Cadaqués, gebly – sy huis is nou ’n museum.

Cadaqués is rustig en romanties met oulike witgekalkt­e huisies. ’n Promenade slenter luilekker al langs die kus en daar is verskeie eetplekke, winkeltjie­s en ander plekkies om te verken. Vir ons was dit die lekkerste om net langs die kus te sit of te stap en die atmosfeer te geniet.

LAMBERT DE WET, Stellenbos­ch >

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa