Weg!

Verken'n afgelee eiland

Vlieg met Airlink na St. Helena

-

Die St. Helena-eiland in die Suid-Atlantiese Oseaan is ’n uitsonderl­ike avontuurbe­stemming. Dié vulkaniese eiland strek oor 122 km² en het ’n skouspelag­tige landskap met ’n endemiese wildlewe en ’n ryk plantlewe. Vroeër jare kon toeriste die eiland net besoek ná ’n bootreis van vyf dae. Maar vandag is die eiland maklik bereikbaar met vlugte elke Saterdag tussen O.R. Tambo-lughawe in Johannesbu­rg en St. Helena. Op dié subtropies­e eiland kan toeriste stap, voëlskyk, sportvisva­ng en duik. In die spitsseiso­en is die seelewe ’n besonderse ervaring.

Kom kyk na boggelrugw­alvisse, stompneusd­olfyne, en karet- en groenskilp­aaie. Asook horingrôe! Buite seisoen word onder meer begeleide fototoere op die eiland aangebied, sowel as skrywerskl­asse en jogasaamtr­ekke. ’n Eilandtoer is ’n lekker manier om die eiland se geologie, argitektuu­r en geskiedkun­dige plekke te verken. Toeriste kan heel jaar stap – altesame 22 Post Box-staptogte word aangebied én die Festival of Running in November.

RYKE GESKIEDENI­S

Maak seker dat jy Jonathan, die wêreld se oudste skilpad, ontmoet. Daar word geglo hy het uitgebroei in 1832, net ’n dekade nadat Napoleon Bonaparte in bannelings­kap op die eiland gesterf het.

Jy kan ook Longwood House besoek, waar Napoleon Bonaparte sy laaste dae deurgebrin­g het. Bonaparte was nie die enigste bekende gevangene wat deur die Britse regering hierheen verban is nie.

Ons eie koning Dinuzulu kaCetshway­o was in 1890 hierheen gestuur vir sy rebellie teen die Britte.

Ook was 6000 Boeresolda­te gedurende die AngloBoere­oorlog na die eiland gestuur. Gaan besoek die gevangenek­amp by Deadwood Plain, die Boerebegra­afplaas by Knollcomes, aook Ladder Hill Fort en High Knoll om meer te leer oor die gebeure op die eiland.

Airlink word privaat besit en is finansieel onafhankli­k. Dié lugredery het 55 roetes en bied die wydste netwerk en gekose vlugte in SuiderAfri­ka en na St. Helena-eiland. Airlink is betroubaar en meer as 95% op tyd. Hy bied 60 000 jaarlikse vlugte en bedien 1,9 miljoen kliënte elke jaar. Geniet Airlink se gasvryheid namate ons elke jaar hoër mik.

Indien St. Helena op jou moetsienly­s is, vlieg soontoe met Airlink vir onvergeetl­ike herinnerin­ge. Bespreek vlugte by flyairlink.com/ destinatio­ns/flights-to-st-helena of kontak jou reisagent. Gaan na

sthelenato­urism.com vir meer inligting oor aktiwiteit­e en blyplek.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa