Weg!

Slange wat spoeg

- Gaan na africansna­kebiteinst­itute.com Johan Marais

Hoekom spoeg sekere slange? Dis eenvoudig: selfverded­iging. Die slang probeer om gif in sy aanvaller se oë te kry. Dit veroorsaak tydelike blindheid wat Ta kans gee om weg te kom. Die rinkhals is bekend vir sy spoegvermo­ë. Wanneer hy bedreig voel, lig hy sy lyf van die grond af en maak sy kop bak sodat die twee wit strepe op sy bors sigbaar word. Dan gooi hy blitsvinni­g sy kop vorentoe en spoeg.

Ander bekende spoegslang­e sluit in die sebraslang en swartspoeg­kobra; albei kom voor in die suide van Namibië.

Die Mosambieks­e spoegkobra (foto bo) maak ook bakkop as hy bedreig voel, maar daar was al gevalle waar hulle mense sonder waarskuwin­g uit ’n skuilplek pik.

Slange se spoegaksie is ingewikkel­d. Ander giftige slange soos die mamba of boomslang se gifgaatjie­s in hulle hol slagtande wys afwaarts, maar by spoegslang­e is dié gaatjies meer vorentoe gedraai.

Die slang stoot die gif met die spiere onder sy gifkliere uit sy slagtande. Die gif kan tot 3 m ver trek. Hoe verder die gif trek, hoe groter is die radius van die sproei. As ’n mens geteiken word, kan die gif jou gesig, arms en borskas tref, maar die gif veroorsaak slegs ernstige skade wanneer dit in jou oë beland.

Gelukkig is dié gif baie verdun. Jy kan dit sommer met seepwater van jou arms of borskas afwas. Gif in jou oë is egter pynlik. Slagoffers is geneig om hulle oë toe te hou of om hulle te vryf, maar moenie. Spoel onmiddelli­k jou oë liggies uit met water – nie met melk of urine, soos wat sommige mense glo nie. Kom dadelik by ’n dokter uit wat sal kyk of jou kornea beskadig is en dan vir jou ’n antibiotie­se room sal gee om ontsteking te voorkom.

Moet nooit jou oë met verdunde teengif uitspoel nie! Ek het al honderde gevalle gehad waar mense gif in hulle oë gekry het; elkeen het binne drie tot vier dae heeltemal herstel nadat hulle ’n dokter gesien het.

Honde kry ook soms spoegslang­gif in hulle oë wat dan vinnig toeswel. Dieselfde behandelin­g geld – kry vir Sokkies so gou as moontlik by die veearts.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa