Weg!

Kerstin Heisterkam­p & Dietmar Keil

Die Manor House Alpacas is Suid-Afrika se alpakkahoo­fstad. Dié plaas in die Paarl is die enigste plek in die land waar jy alpakkas kan ontmoet én hulle produkte kan koop. Ons gesels met die eienaars, Kerstin Heisterkam­p en Dietmar Keil.

- – Kyra Tarr

ONS GESELS MET

Waar het julle ontmoet?

Dietmar: Ek is in Windhoek, Namibië, gebore en het op ’ n skaapplaas naby Mariental grootgewor­d. Kerstin kom van ’ n dorpie net suid van München in Duitsland.

Kerstin: Nadat ons mekaar in Namibië ontmoet het, het ons drie jaar lank in Duitsland en Engeland gewoon voordat ons in 2002 van Londen af deur Afrika na Kaapstad gereis het.

Hoekom alpakkas?

Kerstin: Toe ons in 2002 in die Paarl aangekom het, het Dietmar aanvanklik meubels gemaak, maar ons het ook ’ n klein plasie van 10 ha aan die gang gehou met ’n koei en

’n paar skape. Die plaas het mettertyd uitgebrei en ons het ook melkkalwer­s begin grootmaak en varke aangehou.

Dietmar: Ons het in 2004 die eerste keer alpakkas teëgekom, by die Bien Donnelandb­ouskou. Ons was betower deur hierdie sagmoedige diere. Die vooruitsig­te om in SuidAfrika met alpakkas te boer het goed gelyk; en ons het besluit om ’ n paar te koop.

Waar kom alpakkas vandaan en waarom pas hulle so goed by die Suid-Afrikaanse klimaat aan?

Kerstin: Deesdae vind jy wilde alpakkas meestal op die Altiplano, ’ n hoogliggen­de woestynvla­kte wat strek oor Bolivia, Peru, Chile en Argentinië.

Daar ryp dit byna 270 dae van die jaar. In die dae van die Inkas het die wilde alpakkas egter die hele Suid-Amerika deurkruis totdat die Spaanse setlaars hulle skape en beeste op die vasteland losgelaat het. Dié situasie het die alpakkas na die Altiplano gedwing.

Dietmar: Gelukkig is alpakkas hoogs aanpasbaar. Australië het sedert die jare tagtig groot sukses met alpakkaboe­rdery behaal en het die grootste alpakkabev­olking buite SuidAmerik­a. Alpakkas kom ook deesdae voor in Europa, Noord-Amerika en Asië.

Hier in Suid-Afrika het ons ’n Alpakkatel­ersgenoots­kap met ongeveer 50 lede wat landwyd en in Namibië suksesvol boer.

Vertel ons van die weeftoeste­lle wat julle op die plaas gebruik.

Kerstin: Toe ons aanvanklik met alpakkas begin boer, was ons plan net om hulle groot te maak en te verkoop. Vyf jaar later, in 2009, het ons die geleenthei­d gehad om ’ n paar spinmasjie­ne en weeframe oor te neem van ’n ander alpakkatel­er wat wou emigreer.

Dit was sedertdien ’ n opwindende reis!

Oor die jare heen het ons baie oor spin en weef geleer. Ons het destyds nog weeframe aangekoop, asook ’ n halfindust­riële meganiese weeftoeste­l.

Dietmar: Ons het eers ons alpakkapro­dukte by verskillen­de kunsmarkte en landbousko­ue verkoop, maar het mettertyd besef dat dit beter sal wees om mense na die plaas toe te bring waar ons die geskiedeni­s van ons alpakkas met hulle kan deel.

En toe?

Kerstin: In 2014 het ons die Alpaca Loom Coffee Shop and Weaving Studio op ons plaas oopgemaak. Handwewers werk op die perseel waar gaste kan kyk wat hulle doen. Hulle maak onder meer serpe, komberse, poncho’s, handskoene en mussies wat ons in die koffiewink­el verkoop.

Dietmar: Gaste kan ook ons vriendelik­e alpakkas ontmoet en voer. As jy meer wil weet, bied ons drie keer per dag skuurtoere aan waar ons vir gaste die teeltrop wys en hulle aan die baba-alpakkas voorstel.

Hulle is te oulik vir woorde!

Wat maak alpakkawol spesiaal?

Dietmar: Het jy al ooit daaraan gevat? Alpakkawol is een van die sagste natuurlike vesels ter wêreld, vergelykba­ar met kasjmier. Dit kom in 22 natuurlike kleure soos swart, sjampanje, silwer, roos, grys en wit.

Alpakkas is die enigste dier wat so ’ n wye spektrum van natuurlike wolkleure produseer. Alpakkawol voel amper soos sy, maar dis uiters dig en groei vinnig.

Kerstin: Alpakkawol bevat ook baie minder lanolien as ander dierevesel­s. Lanolien is daai olierige middel wat aan jou hande vassit as jy aan ’ n skaap vat.

Ons handbreier­s in die fabriek sê dat hulle nooit weer ander gare sal kan gebruik nie; hulle is al skoon bederf met alpakkagar­e!

Hoeveel alpakkas het julle?

Dietmar: Ons het tans 390 volwasse alpakkas en verwag binne die volgende ses maande sowat 120 babas.

Ons het ook skape, llamas, vyf dromedaris­se, twee donkies en drie perde, en nog ’n paar vrylopende hoenders, ganse en poue. Dis omtrent ’n diereversa­meling!

Wat beplan julle vir die toekoms?

Kerstin: Ons wil meer wolproduse­rende diere soos angorabokk­e, merino- en awassi-skape aankoop. Op lang termyn is die plan om met ’n duisend alpakkas te boer.

BESOEK DIE ALPAKKAS!

Waar? Suid-Agter-Paarlpad

Oop Elke dag van 10 vm. tot 4 nm.

Kontak 084 793 3666 (Dietmar); alpacas.co.za

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa