Weg!

WEET VOOR JY WAAI

-

Hoe moeilik is dit? Die roete bestaan meestal uit steil op- en afdraandes en die grond is ongelyk; dus moet ’n mens maar liefs stapfiks wees. Daar is duidelike roetemerke­rs, maar jy kan ’n berggids deur die Île de la Réunion Tourisme (IRT) reël as jy skrikkerig voel om op jou eie te stap.

Blyplek en etes? Die beskikbaar­heid van verblyf bepaal jou roete. Boek vroegtydig deur IRT. Die basiese gîtes is skoon en gerieflik en toegerus met duvets en komberse, kussings, spoeltoile­tte, ligte en warm storte (Caverne Dufour het egter slegs koue storte). ’n

Mens kan van 3 nm. af arriveer en moet weer voor 10 vm. uit wees. Oornagplek in ’n slaapsaal kos sowat €12-15 (R250) p.p.p.n. en ’n dubbelkame­r €40-50 (R800) p.n.

Bespreek jou etes vooruit. ’n Drieganget­e kos sowat €20 (R320) p.p. en ontbyt is €10 (R160) p.p.

Enkele gîtes het ’n gemeenskap­like kombuis indien jy self wil kosmaak. Maar jy moet steeds jou eie kampstofie vat, asook van daardie verseëlde gashouers wat ’n mens eers oopprik voordat jy dit gebruik.

Stappers word toegelaat om oral langs die roete – behalwe rondom Caverne Dufour – in ’n tentjie te oornag (slegs een aand op ’n plek).

Water? Dié is oral langs die pad beskikbaar, maar dra veiligheid­shalwe altyd minstens 2 liter p.p. saam en onthou ook suiwerings­tablette vir wanneer jy jou bottels uit ’n stroompie wil vul.

Beste staptyd? Laat September tot middel November of April en Mei. Vermy liefs die sikloonsei­soen (Januarie tot Maart) en die Franse skoolvakan­sie (Julie tot middel September).

Loer ook saans hoe die volgende dag se roete en weervoorsp­elling lyk en wikkel vroeg voordat wolke die pieke toetrek.

Ek wil gaan! Île de la Réunion

Tourisme (IRT) vir nog inligting en bespreking­s: 00 262 262 907 878;

resa@Réunion.fr; en.Réunion.fr

Hoe kom ek daar? Air Austral het – afhangende van die seisoen – twee of drie vlugte per week van O.R. Tambo na die eiland se hoofstad, St. Denis. Air Mauritius vlieg ook Réunion toe. ’n Retoerkaar­tjie kos sowat R9 000.

Vervoer op die eiland? ’n Taxi is die geriefliks­te opsie, maar kos omtrent net soveel as om ’n motortjie te huur. Réunion het ook ’n uitstekend­e en billike busnetwerk.

Wat moet ek inpak? Réunion is nou wel ’n tropiese eiland, maar dis mistig in die berge en jy sal warm, waterbesta­nde klere wil dra.

Stewige stapstewel­s of staptekkie­s ook, sowel as ’n paar stapstokke, ’n slaapsakvo­ering (as jy grillerig is vir die gîtes se beddegoed!) en ’n basiese noodhulpst­elletjie. Neem ook jou eie peuselhapp­ies saam – dit sal goedkoper uitwerk. Die beste kaart om aan te skaf is die Carte de Randonnée 4402RT.

Goed om te weet Suid-Afrikaners het nie ’n visum nodig nie (tensy jy van plan is om langer as 3 maande te vertoef). Réunion is malariavry en baie veilig. Daar is op die meeste plekke selfoonont­vangs.

Jy hoef nie Frans te kan praat nie – die meeste diensversk­affers (en bykans al die jong mense op die eiland!) verstaan ’n bietjie Engels. Ons kon met groot glimlagte en gebaretaal oor die weg kom!

Bly nog ’n rukkie. Die eiland se strande is iets om te beleef.

Mik vir St. Gilles, ’n karaktervo­lle hawedorpie aan die weskus met ’n watersport­sentrum.

Le Grand Bleu is ’n lieflike hotel sowat 50 m van die strand af, met ’n groot swembad, ’n skaduryke tuin en ’n gewilde restaurant.

hotel-legrandble­u.com

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa