Weg!

WAAR BLY EK?

-

BOSKLOOF SWEMGAT Wil jy soggens in die Sederberg stap en smiddae lafenis in die Jan Disselsriv­ier soek? Bly dan in een van die sewe selfsorghu­ise by Boskloof Swemgat: Kliphuis, Langhuis, Nenna, Owen, Fivaz, Hangnes of Gustav.

Langhuis het slaapplek vir ’n gesin van 4 – hier is ’n dubbelbed in die en suite-kamer en ’n uitvoudubb­elbed vir 2 kinders in die leefvertre­k. Die huisie het sy eie rivierpoel minder as 10 m van die stoep af. Die hangmat in die boom sorg vir rustige middagslap­ies en ’n mens kan lekker saam kuier op die stoep terwyl ’n vuur in die buitebraai knetter.

Boskloof is minder as 20 minute se ry van Clanwillia­m af waar daar ’n groot Spar is as jyenigiets kort, maar dit voel tog asof jy diep in die natuur is.

Geriewe Hier is huisies vir 4 of 8 mense. Elke kothuis is privaat en modern, met Wi-Fi en lugversorg­ing. Koste Vanaf R500 p.p. of R900 vir 2 mense.

Waar? 13 km oos van Clanwillia­m langs die Boskloofpa­d.

Kontak 021 100 3686;

boskloofsw­emgat@mylan.co.za; boskloofsw­emgat.co.za

KRAKADOUW COTTAGES

Die plaas Dwarsrivie­r is minder as vyf minute se ry van die Boskloof Swemgat af en lê teenaan die Krakadouws­pits in die Sederberg.

Hier is twee riviere met swemgate en verskeie staproetes waar jy jou stewels behoorlik kan deurloop.

Die plaas het drie selfsorghu­ise: Frikkie se Huis, die Meulhuis en

Jan Dissel. Frikkie se Huis is op jou linkerkant soos jy die plaas inry, en die Meulhuis is heelwat meer privaat teenaan die Dwarsrivie­r.

Jan Dissel is oorkant die Boskloofpa­d langs die Jan Disselsriv­ier.

Frikkie se Huis het drie kamers met slaapplek vir twee elk en ’n aparte badkamer met ’n stort. Jy kan heerlik kuier by die buitebraai onder bloekombom­e met ’n uitsig duisend oor die Sederberg.

Geriewe Die selfsorghu­isies het slaapplek vir 2-6 mense. Elke huis het ’n vuurmaakpl­ek binne en buite, en ’n kombuis met ’n yskas, ketel, mikrogolfo­ond en stoof.

Koste Vanaf R900 p.n. vir 1-3 mense en R300 p.p.p.n. ekstra.

Waar? 15 km oos van Clanwillia­m met die Boskloofpa­d.

Kontak 021 100 3747 ;

krakadouw@mylan.co.za; krakadouw.co.za

LEBANON CITRUS

Dié vakansiepl­aas is ’n instelling onder vissermann­e en ander waterliefh­ebbers juis oor die kampterrei­n en vier houthuisie­s op die oewer van die Clanwillia­mdam sit – jy kan letterlik van jou stoep af visvang.

Die meeste van die toernooide­elnemers het in die deel van die dam by Lebanon Citrus visgevang – óf na aan die kampterrei­n se wal óf tussen die riete. Óf sommer in die middel van die dam.

Geriewe Hier is 20 staanplekk­e met krag en 5 daarsonder in die netjiese kampterrei­n. Die 4 eenvoudige houthuisie­s het slaapplek vir 2-4 mense, en drie van die huisies deel ’n ablusieblo­k met kampeerder­s.

Die huisie heel regs het sy eie badkamer.

As jy meer gemaklik wil bly, kies die Citrus Cottage. Dié selfsorghu­isie staan bo die kampterrei­n, het DStv en slaapplek vir 4-6 mense in 2 kamers.

Koste Kamp: Vanaf R440 p.n. vir ’n staanplek met krag (slaapplek vir 6). Houthuisie­s: Vanaf R550 p.n. vir 2 mense. Citrus Cottage: R1 380 p.n.

Waar? Lebanon is sowat 14 km suid van Clanwillia­m. Neem die Algeriaafd­raai en draai links ná die bruggie. Hou aan op Ou Kaapse Weg vir 12 km. Die plaas is aan jou regterkant. Kontak 072 895 1993;

lebanon.co.za

YELLOW ALOE

As jy soek na ’n versteekte oase in die gewoel van Clanwillia­m se middedorp, mik na dié gastehuis op die hoek van Ou Kaapse Weg en Parkstraat. Hier is ’n skaflike restaurant op die onderste verdieping, wat ’n lekker Engelse ontbyt met twee eiers, spek, tamatie en sampioene vir R85 bedien. Van die restaurant se stoep het jy ’n uitsig oor die Yellow Aloe-kwekery en swembad.

Die selfsorgee­nhede is weerskante van die gastehuis. Longhouse, regs van die gastehuis, is die naasoudste gebou in die dorp

– dit dateer uit 1894. Daar is vyf en suite-kamers, ’n gemeenskap­like braaiplek rondom die swembad en ’n uitsig oor die Sederberg op die horison.

Die Thatch Cottage het vier en suite-kamers en is vir ’n groot gesin wat vir ’n paar dae Clanwillia­m en omstreke wil verken.

Geriewe Longhouse het slaapplek vir 2 mense elk. Elke kamer het ’n dubbelbed en luukshede soos DStv, elektriese komberse, Wi-Fi en lugversorg­ing.

Die Thatch Cottage het

4 en suite-kamers, elk met ’n dubbelbed. Die luukse Premium Garden Room is langs die Thatch Cottage en het ’n en suite-kamer vir 2. Elke kamer het DStv en lugversorg­ing.

Die Loft Rooms in die gastehuis self het slaapplek vir 2-4 mense – dis ’n luukser opsie vir diegene wat net een of twee aande wil oorslaap. Koste Vanaf R1 400 p.n. vir 2 met ontbyt.

Waar? Parkstraat 1 Kontak 076 687 4360;

info@yellowaloe.co.za; yellowaloe.co.za

RONDEGAT COTTAGES

’n Mens sien Lakeview House al van Ou Kaapse Weg af op pad na Lebanon Citrus raak. Die eerste gedagte wat by my opkom, is dat die uitsig van die stoep af oor die dam onverbeter­lik moet wees – en dit is.

Die Lakeview House sit bo teen die heuwel langs die eienaars, Charl en Anne-Marie van der Merwe, se huis, en daar is ook vier kothuise onder teenaan die Clanwillia­mdam. As jy nader aan die dam wil wees, is die kothuise ’n beter opsie.

Bring die gesin, die boot, die visstokke en al wat ’n dryfding is, want jy kan heeldag waterkaske­nades geniet.

Geriewe Die Lakeview House het drie slaapkamer­s (een en suite), twee badkamers, ’n swembad by die stoep, en ’n buitebraai. Die huis het slaapplek vir 8 mense.

Die vier kothuise by die dam het slaapplek vir 5-8 mense. Elke kothuis het ’ n buitebraai met ’n uitsig oor die dam. Daar is ook ’n groot gemeenskap­like swembad onder ’n grasdak.

Die eenhede het elektrisit­eit en ’n toegeruste kombuis. Die verblyf is dalk nie modern nie, maar jy kies Rondegat vir die uitsig en die ligging.

Koste Vanaf R750 p.n. vir 2.

Waar? Rondegat is sowat 13 km suid van Clanwillia­m.

Neem die Algeria-afdraai en draai links ná die bruggie. Hou aan op Ou Kaapse Weg vir 12 km.

Die ontvangska­ntoor is aan jou linkerkant.

Kontak 072 353 1170;

rondegat@mylan.co.za; clanwillia­m.info/rondegat

 ??  ?? LEBANON CITRUS
LEBANON CITRUS
 ??  ?? KRAKADOUW COTTAGES
KRAKADOUW COTTAGES
 ??  ?? RONDEGAT COTTAGES
RONDEGAT COTTAGES
 ??  ?? YELLOW ALOE
YELLOW ALOE

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa