Weg!

Warmbrakke met spek en jalapeño

-

Genoeg vir 4 Bereidings­tyd 10 minute Gaarmaakty­d 10 minute

In my huis is dit ’n gebruik om Saterdae hotdogs vir middagete te maak. Vir spesiale geleenthed­e kikker ek egter die broodjies op dié manier op. Ek maak gewoonlik baie van die stroperige jalapeño’s, want dis lekker op alles!

Jy benodig

• ¼ koppie suiker

• ¼ koppie kookwater

• 4 ingelegde jalapeñori­ssies, in skyfies gesny

• 4 repe spek

• 4 frankfurte­rworsies van

goeie gehalte

• ½ koppie roomkaas

• 1 wiel feta, gekrummel

• ’n bietjie melk

• 4 rolletjies, met botter gesmeer

Só maak jy

1 Verhit die suiker en water saam in ’n kastrol totdat die suiker gesmelt het. Verhit die mengsel tot kookpunt en prut dit vir ongeveer 5 minute. Roer die jalapeñosk­yfies by en kook dit tot stroperig. Verwyder dit dadelik van hitte en laat die mengsel effens afkoel.

2 Draai ’n reep spek om elke worsie en steek dit met ’n stokkie vas sodat die spek nie afglip nie. Verhit ’n pan en braai die worsies tot die spek mooi goudbruin is. Gebruik slegs ’n leksel olie, indien nodig. Roer die stroperige rissies by en verwyder dit dan van die hitte. (Jy kan nou die stokkies uithaal.)

3 Roer die roomkaas en feta saam in ’n kastrollet­jie oor lae hitte tot gesmelt. Voeg ’n skeutjie melk by om dit effens te verdun en smeerbaar te maak. Dit hoef nie heeltemal glad te wees nie – die fetakrumme­ls gee die kaassous ’n mooi tekstuur.

4 Skep ’n ruim smeersel kaassous in elke rolletjie, sit ’n worsie in elkeen en sit die warmbrakke dadelik voor.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa