Weg!

Soetrissie gevul met lamsfrikka­delle

-

Genoeg vir 6 Bereidings­tyd 10 minute Gaarmaakty­d 30 minute

Die vinnigste manier om perfek gegeurde frikkadell­e te maak, is om ’n rol van jou gunsteling­wors se derm oop te knip, die vleis uit te druk en dié in bolletjies te rol.

Jy benodig

• 500 g lamswors met geurige kruie • 1 eetlepel olie

• ½ klein ui, fyngekap

• ’n hand vol kersietama­ties

• 1 koppie langkorrel­rys

(ek gebruik jasmynrys)

• sout en swartpeper na smaak

• 1 koppie lamsvleisa­ftreksel

• 3 groot soetrissie­s

• 1 wiel feta, gekrummel

• pitjies van 1 granaat (opsioneel)

Só maak jy

1 Druk die worsvleis versigtig uit die derm en vorm klein frikkadell­e. Verhit olie in ’n groot pan en braai die frikkadell­e tot oraloor goudbruin.

Roer die ui, tamaties en ryskorrels daarby in en braai alles saam tot die rys liggies gerooster is. Geur dit met sout en peper en roer die aftreksel by. Sit die pan se deksel op en laat dit vir sowat 10 minute prut (of tot al die vloeistof geabsorbee­r en die rys so te sê gaar is).

2 Sny die soetrissie­s middeldeur, krap die pitjies en membrane uit en braai die halwes oor taamlike warm kole tot sag. (Jy kan die soetrissie­s ook vir 10-15 minute onder die oond se roosterele­ment bak, met die gesnyde kant na bo.)

3 Roer die feta deur die geurige rys en skep dit in die holtes van die gaar soetrissie­s. Rangskik die gevulde groente in ’n swartpotji­e met ’n deksel en bak dit vir sowat 15 minute oor die kole (of in die oond). Sprinkel ’n paar granaatpit­te oor vir ekstra knars en val weg terwyl dit warm is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa