Weg!

Vinkel vir die koljander

- – Cathy Marston

Almal van ons hou van ’n lekker worsie... of dit nou boerewors, varkwors of iets meer uitheems is. Dis ’n goeie manier om vleis en speserye bymekaar te bring. En of die wors sterk, gerook of gestoom is, is daar ’n wyn wat dit kan komplement­eer. Maak seker die wyn het ’n redelike mate van suurheid aangesien die meeste wors nogal vetterig is. Hier is ’n paar voorstelle:

Klassieke Suid-Afrikaanse boerewors bevat geurige eerder as sterk speserye. Ewenaar koljander en swartpeper met

Riebeek Cellars Shiraz (R75) – dit pas by omtrent enigiets wat jy braai. Die sagte, rokerige swartvrugt­egeure met ’n tikkie vanielje is lekker by enige soort wors saam met ’n verpligte bakkie blatjang of chakalaka.

Die meeste mense dink rooiwyn is die beste pasmaat vir kaas, maar daar is ander wat meen witwyn pas beter by die romerighei­d en skerpheid daarvan. Probeer gerus Middelvlei Unoaked Chardonnay 2019 (R95) saam met kaaswors. Dit bied vars geure van suurlemoen en geel vrugte. As jy in die Kaap is, kan jy gerus op Stellenbos­ch by Middelvlei self ’n draai maak en die wyn, asook “boerebraai-middagetes,” geniet.

Geurige, gerookte wors soos chorizo en salami verleen diepte en rykheid aan enige gereg. ’n Robuuste wyn soos Blaauwklip­pen Zinfandel 2017 (R135) sal pas by die intensitei­t van dié wors met laag op laag diep swartvrugt­egeure. Blaauwklip­pen is Suid-Afrika se voorste produsent van zinfandel, ’n Italiaans-Amerikaans­e druifsoort.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa