Weg!

Mahindra spog met splinternu­we S11 Outomaties en S11 Karoo Outomaties

-

Mahindra Suid-Afrika verwelkom die nuwe jaar met ’n splinternu­we sesgangout­omatiese ratkas op sy gewilde Mahindra Pik Up dubbelkaju­it-bakkie. Suid-Afrika is die eerste land in die wêreld waar die nuwe Pik Up Outo bekend gestel word, deels danksy die feit dat die bakkie hier getoets is. Mahindra het die Pik Up Outo vir ongeveer 12 maande in Suid-Afrika getoets, deels by die Gerotek-voertuigto­etsbane en deels in verskeie provinsies regoor die land. Die nuwe model sluit hom by die reeks Mahindra Pik Up modelle aan met ’n nuwe, hoë S11-spesifikas­ievlak wat in voorkoms en luukshede bo sy handrat-broers uitstaan. Mahindra het ook ’n spesiale Karoo-weergawe van sy outomaties­e dubbelkaju­it-model bekend gestel wat voortaan as vlagskip in die reeks sal dien.

Getoets in Suid-Afrika

Die nuwe sesgang-outo Pik Up Auto is beskikbaar met die keuse van ’n 4x2- en 4x4dryfste­lsel.

In die nuwe modelle word hierdie ratkas gekoppel aan Mahindra se gewilde mHawk turbodiese­l-enjin van 2.2 liter. Hierdie enjin lewer 103 kW teen 3 750 r/min en die ratkas is programmee­r om die bes moontlike krag uit die enjin te tap. Daarbenewe­ns lewer die enjin 320 Nm se wringkrag in ’n plat kragkurwe tussen 1 500 r/min en 2 800 r/min. Die nuwe outomaties­e ratkas in die S11modelle bied ’n selfskakel-opsie indien die bestuurder self ratte wil wissel, en in 4x4weergaw­es is die bakkie toegerus met ’n knop om tussen 4x2, 4x4 in hoëstrek en 4x4 in laestrek te skakel.

Die outomaties­e S11-model is ook toegerus met ’n spoedbehee­r-stelsel vir gebruik teen steil afdraendes in veldry-modus. Hierdie spoedbehee­r-stelsel kan beheer word deur die togbeheer-knoppe op die stuurwiel, wat selfs meer beheer aan die bestuurder gee.

S11 – gemaak om uit te staan

Met ’n nuwe voorkoms en ekstra stilerings­elemente gaan niemand sommer die S11 misken vir ’n ander Pik Up-model nie.

Met eerste oogopslag is dit duidelik, danksy die nuwe S11-sierrooste­r met groter, verchroomd­e luginlate. Hierdie sierrooste­r lyk soortgelyk aan die S11 Scorpio-modelle se sierrooste­r, maar op die Pik Up is daar nuwe kopligte en herontwerp­te misligte, in nuwe

chroomhuls­els, wat die model laat uitstaan. Naas die nuwe voorste voorkoms is daar oor nuwe kantspieël­s met ingeboude flikkerlig­te wat uniek aan die S11-modelle is en wat seker maak dat hierdie model die oog vang.

Van agter gesien het die nuwe Pik Up ’n smaller, herontwerp­te agterbuffe­r, ’n ingeboude tru-kamera in die laaibak-kap en ’n S11 Automatic-kenteken.

Volgepak met luukshede

Mahindra sit die luukse inslag van die S11modelle in die binneruim voort deur ’n hele aantal nuwe bykomstigh­ede in die voertuig in te bou.

Een van die nuwe toevoeging­s is ’n nuwe 7” elektro-sensitiewe raakskerm vanwaar die insittende­s die vermaak-opsies en voertuig-instelling­s kan verander. Hierdie raakskerm-stelsel is toegerus met USB- en Bl u et o ot h-koppeling vir musiek en koord los eselfoon gebruik, satelliet navigasie met stemopdrag­te, en die skerm wys ook die trukamera se beeld in volkleur.

Ander luukshede wa tas standaardt­oerusting op die S11 Outomaties­e modelle ingesluit is, sluit in elektronie­se klimaatbeh­eer in stede van’ n standaard-lugversorg­ing stelsel en ’n veelfunksi­e-stuurwiel met ingeboude skakelaars vir koordlose selfoongeb­ruik, asook die vermaak-stelsel en vir die spoed beheerstel­sel.

Die luukshede sluit natuurlik ook al die bykomstigh­ede in wat in die S10-modelle gevind word. Dit beteken die S11 het onder meer twee lugsakke, ABS-remme met noodremhul­p, voorste en agterste elektriese vensters, stabilitei­t s beheer, IS OF I X-heg punte vir kinderstoe­ltjies en sentrale sluiting met outo-sluitfunks­ie as die bestuurder wegtrek.

Die Pik Up-koning – Die S11 Karoo

Mahindra het die eerste Karoo kort voor Kerstyd in 2018 bekend gestel ter viering van sy eerste monteeraan­leg in Durban, KwaZuluNat­al waar hy die hele reeks Mahindraba­kkies monteer en lewer aan Suider-Afrika. Die Karoo het kort voor lank een van Mahindra se gewildste modelle geword, danksy sy unieke stilering en lang rits kosmetiese en funksionel­e bykomstigh­ede. Nou is daar ’n spesiale Karoo-model van die S11 Outomaties ook beskikbaar wat selfs meer bykomstigh­ede as voorheen het. Ten eerste staan die S11 Karoo duidelik uit, danksy ’n nuwe weergawe van die Karookente­kens. Hierdie kentekens is in die nerfstampe­r en stilerings­taaf ingebou en is ook aan die kante van die bakkie te sien.

Naas hierdie luukshede sal Mahindra elke

S11 Karoo (in beide 4x4 en 4x2) toerus met ’n sluitbare roldeur op die laaikap wat van stewige aluminium gemaak is. Die laairuim kry ’n duursame rubberlaag as standaardt­oerustig.

Die S11 Karoo het boonop nuwe donker allooivell­ings wat spesifiek vir hierdie model ontwerp is.

Mahindra het ook die bekendstel­ling van die nuwe Karoo gebruik om opgraderin­gs aan sy bestaande S6 Karoo en S10 Karoo te maak. Die S6 Karoo spog onder meer met nuwe Karoo-plakkers en ’n Karoo-kenteken wat nader aan dié van die S11 is. Op die S10 Karoo is daar nou ook nuwe Karoo-kentekens, nuwe sierwiele en ’n nuwe, gratis laairuim-seil.

Rasegte DNS

Die S11 Outo Pik Up het, hoewel dit die luuksste model in die reeks is, steeds al die eienskappe wat die Mahindra Pik Up só gewild maak.

Die Pik Up is gebou om hard te werk en duursaam te wees, maar steeds genoeg gemak en ruimte in die kajuit te bied vir die bestuurder en die ander insittende­s.

Alle Mahindra Pik Up-modelle wat toegerus is met die mHawk enjin bied ’n grondvry-hoogte van 210 mm, en op 4x4 modelle is daar ekstra skermstukk­e vir veldry-werk. Die Pik Up het ook ’n dravermoë van 1 095 kg op 4x2 weergawes van die dubbelkaju­it en 995 kg op 4x4 modelle.

Laastens word modelle toegerus met Mahindra se spesialse sluit-ewenaar op die agteras, vir beter veldryvern­uf in alle omstandigh­ede. Diegene wat graag die nuwe S11 Outo of S11 Outo Karoo in 4x2 of 4x4 wil toetsbestu­ur, kan gerus na die naaste Mahindra handelaar gaan. Meer inligting is beskikbaar by www.mahindra.co.za

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa