Weg!

STAP OP JOU EIE

Weg het ook ’n paar pakketvaka­nsies waar jy via ons bespreek, maar op jou eie (of saam met ’n groep vriende) dele van die epiese Via Francigena of in Cinque Terre kan stap.

-

VIA FRANCIGENA (DIE LAASTE 100 KM)

Die Via Francigena is Italië se weergawe van die Camino de Santiago. Die hele roete strek oor meer as 2 000 km, maar met dié pakket spring jy weg in Viterbo en stap jy die laaste 112 km – ver genoeg dat jy jou Testimoniu­m (sertifikaa­t) by die Vatikaan in Rome kan gaan afhaal.

Wanneer? Jy kan jou pakket vir enige tyd in Augustus 2020 bespreek.

Wat kos dit? R27 500* p.p. wat deel

Wat sluit dit in? Toer van agt nagte, retoervlug­te tussen Johannesbu­rg en Rome, alle verblyf, ses nagte op die

Via Francigena (en suite-hotelkamer, ontbyt en die vervoer van jou sak na die volgende oornagdorp is ingesluit).

VIA FRANCIGENA

(VAN SAN MINIATO TOT SIËNA)

Op hierdie deel van die Via Francigena eindig jy nie in Rome nie, maar sien jy die mooiste dele van Toskane. Jy spring in San Miniato weg en eindig in Siëna.

Wanneer? Jy kan jou pakket vir enige tyd in Augustus 2020 bespreek.

Hoeveel? R31 300* p.p. wat deel.

Wat sluit dit in? Reis van agt nagte, retoervlug­te tussen Johannesbu­rg en Florence, verblyf voor en ná jou toer, staptoer in Toskane en ses nagte op die Via Francigena (en suite-hotelkamer­s, ontbyt en die vervoer van jou sak na die volgende oornagdorp is ingesluit)

CINQUE TERRE IN DIE ITALIAANSE RIVIERA

Cinque Terre is ’n string mooi kusdorpies op die Italiaanse Riviera.

Jy sien die kleurryke geboue soos mossels teen die hange sit. Die roete is net 45 km lank ( jy stap hoogstens 16 km per dag), maar dit sluit baie klimwerk en afdraandes in.

Wanneer? Jy kan jou pakket vir enige tyd in Augustus 2020 bespreek.

Hoeveel? R25 800* p.p. wat deel

Wat sluit dit in? ’n Reis van sewe nagte, retoervlug­te van Johannesbu­rg af na Genoa/Rome of Cinque Terre, staptoer in Cinque Terre (en suitehotel­kamer, ontbyt ingesluit).

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa