Weg!

Van bos tot kus

Kom saam met Weg en Bhejane en verken die palmstrand­e, helder water en manglietwo­ude van Mosambiek.

-

Ons begin in die Krugerwild­tuin en reis oos na Mosambiek, oor die magtige Limpopo en die kusvloedvl­akte. Die roete neem ons ooswaarts na die dorpie St. Jorge de Limpopo en in die rigting van Machaila. Op pad geniet ons ’n ligte middagete en slaan kamp op op die oewer van die Chefurivie­r vir die nag.

Vanoggend is ons vroeg op pad en reis na Machaila. Ons vat ’n tweespoorp­ad en ry steeds ooswaarts na die dorp Mabote, waar ons noord draai in die rigting van Vilankulos.

Soos ons reis, verander die grasvlakte­s and woude in ’n smal strandstro­ok besaai met palmbome. Dié roete neem ons na ’n vissersdor­pie reg oorkant die die noordelike punt van die Bazaruto-skiereilan­d en Inhassoro – ons gaan hier tuis by die Estrela de Mananisse- private lodge. Ons staan hier oor vir die volgende vier dae.

Van die lodge af kyk ’n mens uit oor die Bazarutoba­ai en jy het maklike toegang tot die strande. Van Estrela de Mananisse af kan elkeen dié tropiese paradys op eie stoom verken.

Ontspan op die ongerepte strande, geniet die weelde van jou blyplek, en bootvaarte na eilande rondom die skiereilan­d kan gereël word. Dis veilig om hier te snorkeldui­k en jy kan selfs die seelewe waardeer deur net in die vlak water te plas. En of jy nou kies om die manglietwo­ude te verken, inkopies doen in Vilankulos of net by Johnson’s Beach Bar aan mengeldran­kies teug... ontspan gaan jy ontspan.

Ons roete huis toe loop via Xai-Xai en ons kamp vir twee aande by die Sunset Beach Lodge.

Daarna ry ons binneland toe deur die Limpopooor­grenspark en ons kampplek vir die aand kyk uit oor die Massingird­am waar visrarende na ons sal roep.

Ons kuier die laaste aand rondom die kampvuur.

BESONDERHE­DE

DATUMS VIR 2020

14-23 Junie; 25 Junie – 4 Julie, 2-11 Augustus; 14-23 Augustus, 6-15 September; 19-28 September

9 dae, 10 nagte (tente en chalets) Koste R15 950 p.p. wat deel

(50% hiervan vir kinders jonger as 10)

WAT MOET EK BRING?

Jou eie voertuig en brandstof Jou eie slaapgoed en stoele Jou eie drink- en peuselgoed Reisversek­ering

Grens- en tolgeld

EN WAT VOORSIEN BHEJANE?

’n Toerleier wat ’n ervare avontuurgi­ds is met hope bewaringsk­ennis Radioverbi­nding

Alle maaltye, en koffie en tee terwyl jy kamp

Alle kamp- en lodgeverbl­yf en parktariew­e

Alle geadvertee­rde aktiwiteit­e

Tente, eetgerei en messegoed

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa