Weg!

Goed om te weet

- – Kyra Tarr

In 2016 het die departemen­t van binnelands­e sake Suid-Afrikaners in staat gestel om aanlyn aansoek te doen om hulle paspoort en identiteit­skaart. Nadat jy die aansoekvor­ms aanlyn voltooi het, kon jy ’n afspraak maak by enige bank wat ’n Live Capturedie­ns vir binnelands­e sake bied. Daar gekom, is jou biometries­e besonderhe­de verkry, waarna jy jou dokument kon afhaal sonder om ure lank in ’n ry te staan!

Die departemen­t maak nóg 16 satelliett­akke by verskeie banke in Suid-Afrika oop. Daar sal nou altesame 35 takke landwyd wees.

Jy moet egter ’n kliënt wees van die betrokke bank wat die diens verskaf. Tot dusver is die grootste konsentras­ie e-takke in Johannesbu­rg. Nuwe takke gaan in onder meer Pretoria, Pinetown, Kaapstad, Durban, Kimberley, Port Elizabeth en Kathu oopmaak.

Aansoekers in kleiner stede en dorpe sal dus in die toekoms ook baat vind by hierdie stelsel.

Banke wat vanjaar hulle Live Capture-dienste verder gaan uitbrei, is Absa, Nedbank, FNB en Standard Bank. Gaan na bit. ly/e-homeaffair­s om te sien of dié diens by ’n tak naby jou aangebied gaan word.

As kind het jy dalk ’n foefieslaa­id in jou tuin gehad, maar ek wed jou dit kom nie naby dié een nie! Mosselbaai spog tans met die wêreld se langste glykabel oor die see – 1 100 m – terwyl die wêreld teen 90 km/h by jou verbyflits.

As die see wild raak, gly jy sommer dwarsdeur ’n brander!

Afhangend van die weer is die glykabel elke dag oop.

Kabelgly oor die oseaan!

Waar? Pointstraa­t 6

Koste R450 p.p.

Kontak 068 022 9183; bespreek aanlyn by

mosselbayz­ipline.co.za

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa