Weg!

Sterreweg

- – Willie Koorts

Dis amper asof Venus gedurende April met ons wil gekskeer deur haarself as die agtste “suster” voor te doen. Ek verwys hier na Venus wat aan die begin van April ’n paar dae lank deur die Sewe Susters (in Engels

Pleiades) beweeg.

Die hoogtepunt is op 3 April (sien grafika).

Venus, tans die aandster in die weste, gaan maar sukkel om te probeer wegkruip tussen die veel dowwer Sewe Susters.

Dié verskynsel is opvallend; en daar is baie legendes rondom Venus en die Sewe Susters, veral in die Afrika-kulture.

Net soos die toneel uit The Lion King waarin Rafiki vir klein Simba in sy uitgestrek­te arms omhoog hou, het Khoisan-vroue hulle babas omhoog gehou in die rigting van die Sewe Susters wanneer dit in die ooste verskyn het. Die Sewe Susters is as ’n goeie voorbode beskou en kinders is ook aangemoedi­g om met hulle hande na die Sewe Susters uit te reik.

In die Xhosa-taal is Juniemaand genoem na die Sewe Susters ( Isilimela) wat saamval met die verskyning daarvan in die ooste in die vroeë oggendure. Nie net was dit ’n teken om die grond vir die plantseiso­en voor te berei nie, maar dit was ook wanneer jong seuns se inlywingse­remonie begin het. Xhosa-mans se ouderdom word dus in “Isilimela” getel vanaf die oomblik van hulle inlywing.

Die Xhosa-mense het planete ook as sterre beskou, en Venus het verskillen­de name gekry afhangende van die omstandigh­ede. As seuns Venus in die dag kon sien, het hulle daarna verwys as “i-Khweezi lesibini” – letterlik “tweede Venus”.

Venus as aandster (soos tans die geval) word “u-Celizaphol­o” genoem in die Xhosa-taal. Die woord verwys om meer as een rede na “melk”. Wanneer seuns melk uit die koei se spene drink, sien hulle Venus makliker raak omdat hulle opkyk.

’n Ander rede is dat wanneer kinders saans buite speel en hulle Venus skielik raaksien, weet hulle dis tyd om huiswaarts te keer omdat dit dan reeds tyd is om die koeie te melk.

Ek hoop hierdie storie gee jou stof tot nadenke wanneer jy met ’n tiermelksk­emerkelkie in die hand Venus dophou soos wat dit oor ’n paar aande deur die Sewe Susters beweeg.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa