Weg!

Aftrekplek

- – Kyra Tarr >

As jy vir Villiersdo­rpers vra waar om te eet, is die kans uitstekend dat hulle Kelkiewyn sal voorstel. “Kelkie,” soos wat die dorpsmense dit noem, is net buite die dorp, op die R43 na Worcester.

Op ’n somersdag kan jy ’n tafel onder die bome langs die Elandsrivi­er kies. Luister na die kabbelende stroom terwyl die kinders die oewers verken en op die grasperk speel.

Kelkiewyn se melkskomme­ls (R38) is ’n groot bederf en slaag die toets van “drinkbaar deur ’n strooitjie maar kort amper ’n lepel”.

Kelkiewyn bied ’n wye verskeiden­heid bistro-geregte – hoendermay­o-tramezzini’s (R92), hamburgers (vanaf R92), pizzas (vanaf R64), hoendersch­nitzel (R79), quiche (R78) en vis-en-tjips (R87), asook peuselhapp­ies soos bobotie-samoesas (R52). Hier vergeet ’n mens van “vetvry” en “dieet” – die porsies is groot.

In die koeler maande kan jy langs die kaggel in die restaurant sit en weglê aan soetgoed soos wafels met stroop en roomys (R42) of skons met konfyt en room (R39).

’n Kelkie wyn is ’n glasie of kraffie vol wyn, wat sin maak wanneer jy hoor dat jy ook plaaslike wyne hier kan proe – en dis gratis!

Die twee hoofkelder­s wat deur Kelkiewyn bemark word, is Villiersdo­rp Cellar en Slowine. Die prys vir ’n bottel wyn wissel tussen R65 en R110.

Waar? Hoofstraat 84

Oop Maandag tot Vrydag van 8.30 vm.-4.30 nm. (tot 1.30 nm. op Saterdae)

Kontak 028 840 0900 (kafee); 028 840 0083 (wynproe);

kelkiewync­afe.co.za

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa