Weg!

Boeke & musiek

-

Richard Wadley is ’n afgetrede geoloog en bestuursbe­ampte in die mynbedryf. In 2005 het hy en sy vrou, Lyn, verhuis na sy geliefde Waterberg,

’n gebied naby die dorpie Vaalwater wat bekend is vir sy natuurskoo­n. Richard het jare lank nagevors en geskryf aan Waterberg Echoes. Die boek het meer as 800 bladsye en is verreweg die omvattends­te boek nóg oor die

geskiedeni­s van dié interessan­te streek se mense. Hy vertel meer.

Baie mense wil weet waar is die Waterberg? Die Waterbergd­istrik is ’n groot munisipali­teit in die Limpopopro­vinsie, begrens in die ooste deur die N1-hoofweg na Mokopane en in die weste deur die Limpoporiv­ier. ’n Plato in die middel van hierdie distrik is die onderwerp van my boek.

Wat van die Waterberg het jou aanvanklik aangegryp? Soos baie mense wat die Waterberg besoek, was my eerste bekendstel­ling aan die plato ’n naweek saam met familie by Lapalala in die vroeë 1990’s. Dit was ’n vinnige wegbreek van die korporatie­we lewe in Johannesbu­rg.

Die majestueus­e heuwels en standhoude­nde stroompies van hierdie bosryke wildernis het ’n blywende indruk gelaat. Ek het summier geweet dis waar ek eendag sal wil aftree.

Jy het redelik betrokke geraak by die gemeenskap sedert jy na die Waterberg verhuis het? Om landelike gemeenskap­pe op enige plek beter te leer ken gebeur nie oornag nie, maar die afsonderin­g vereis ’n wedersydse afhanklikh­eid van jou bure. Uiteindeli­k lei dit tot veel meer vriendskap­pe as in stede. Hier is ook altyd ’n behoefte aan vrywillige bydraes deur mense met vaardighed­e en tyd op hande.

Wat het jou in die mense se geskiedeni­s laat belang stel? Verskeie dinge: grafte van voormalige inwoners op ons eiendom; die storie agter die ou spoorlyn na Vaalwater, ’n naambord wat lees “Welcome to New Belgium” en die ontdekking van ’n paar interessan­te grafte op die Welgevonde­n-wildreserv­aat.

Wanneer het jy besluit om die boek te skryf en hoe lank het jou navorsing geduur? Ek het van die stories wat ek opgeteken het, by vergaderin­gs van die Waterberg Conservanc­y gedeel. Daar het ek nog onderwerpe gevind om na te vors totdat ek besluit het om alles in een boek saam te vat. Dit was duidelik dat baie mense meer hieroor wou leer.

Ek het dele van die boek stuk-stuk begin skryf en was uiteindeli­k 12 jaar hiermee besig. Ek moes leer hoe om genealogie te ontsyfer, betroubare bronne op te spoor, feite na te gaan en bloot gefokus te bly. Ek het ’n paar honderd uur deurgebrin­g by die enorme versamelin­g van die Nasionale Argief in Pretoria. Ek moes komplekse familieges­kiedenisse ontrafel en sin maak van verskeie departemen­tele rekords. Ek het ook verskeie museums in Limpopo, Gauteng en die Kaap besoek en gereis na die Nasionale Argief in Kew, die Britse Biblioteek en die Universite­it van Oxford. Ek het onderhoude met huidige en vorige inwoners landwyd waardevol gevind.

Almal was gewillig om hulle herinnerin­ge (natuurlik nie altyd akkuraat nie!) te deel. Ek is spyt ek was te laat om sommige stories op te teken. En ek is jammer oor dié wat ek vanweë te min spasie nie in die boek kon insluit nie.

Noem ’n paar karakters wie se staaltjies jy in die boek ingesluit het. Daar is soveel wonderlike karakters dat ek huiwerig is om ’n paar uit te sonder, maar my vriend en buurman Louis Nel was ’n skatkis van betroubare en vermaaklik­e staaltjies.

Die destydse inwoner en skrywer C.R. Prance het ook verskeie stories oor plaaslike karakters van ’n eeu gelede geskryf. William Caine, wat op die plaas New Belgium gewoon het gedurende die Anglo-Boereoorlo­g, het ’n waardevoll­e dagboek van sy ervaringe gehou.

Nylstroom (nou Modimolle) het baie te danke aan Ludwig Field, ’n beskeie Noorweegse filantroop wat burgemeest­er was in die 1920’s en die stadsaal nagelaat het. Dan was daar ook die Baber-broers Charles en Colin wat dekades lank in plaaslike boere-unies gedien het.

Eintlik het my hele reis deur die geskiedeni­s begin by Magdalene Petronella Oosthuizen (voorheen Joubert; nooiensvan Blignaut) se graf op ons plaas...

Wat kan ’n mens naby Vaalwater in die omgewing doen? In die Waterberg kan ’n mens die Groot Vyf sien en oorbly in luukse lodges.

Hier is perdry-uitstappie­s en jagsafari’s, voëlkykuit­stappies en staproetes. Binne 30 km van Vaalwater is twee museums, boetiekbie­r, kabelglypl­ekke, kulturele toere en vele restaurant­e.

Gaan kyk gerus by waterbergt­ourism.co.za wat alles aangebied word.

Wie dink jy sal die boek geniet? Ek hoop almal wat belang stel in die vervlegte en unieke geskiedeni­s van ons land. Hierdie is die storie van Suid-Afrika in ’n mikrokosmo­s, met suksesse en teleurstel­lings, ’n boeiende kookpot van kulture, tale en ambisies.

Wat kan lesers uit jou boek leer? ’n Mens moet versigtig wees om te hoop dat ons leer uit ons voorsate se foute, want jy kan teleurgest­el word. Dis belangrik dat ons mekaar se geskiedeni­sse ken om met ons landgenote ’n toekoms te onderhande­l waarin ons almal kan deel. En om te weet hoekom ons sekere vooroordel­e en griewe het en hoe dit ons verwagting­e vir die toekoms vorm.

Waterberg Echoes word uitgegee deur Protea-Boekhuis en kos R995 in boekwinkel­s en by proteaboek­winkel.com

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa