Weg!

Pelgrimsru­s

Sedert 1873 is Pelgrimsru­s ’n lewende museum en steeds een van Suid-Afrika se boeiendste dorpe. Die afgelope paar jaar het die dorp swaar getrek, maar net soos ’n moedige prospektee­rder het die dorp weer sy pan in die water gesteek. Hier is jou gids vir ’

- WOORDE EN FOTO’S MIA LOUW

Dis verbasend modern dat ’n geskiedkun­dige goudmyndor­p uit die 1800’s QR-kodes gebruik om toeriste meer oor die plek te leer. Maar dan, dié dorp was die tweede landwyd om elektrisit­eit te kry – sommge beweer nog selfs voor Londen.

Die QR-kodes is in November 2019 op geboue van belang aangebring sodat geskiedeni­sboffins met slimfone meer oor die betrokke gebou en sy inwoners kan leer.

Die projek word bestuur deur René Reinders met die ondersteun­ing van die departemen­t van kultuur, sport en ontspannin­g in Mpumalanga. René is getroud met Johnny Reinders, die dorp se legendarie­se restaurate­ur en kroegman. René is ook betrokke by die instandhou­ding van verskeie museums op die dorp.

“Die geskiedkun­dige inligting was alles in haar kop,” vertel die toergids Sherry Goodwin, wat duidelik beïndruk is met René se kennis en haar bereidwill­igheid om die tegnologie in te span om toerisme te bevorder.

Die QR-kode is net een manier hoe die dorp weer aan die gang probeer kom ná ’n dekade van munisipale verval, korrupsie en die uittog van vele sakemense en inwoners.

Nuwe restaurant­e het sedertdien oopgemaak en dinge lyk rooskleuri­g.

Verlede Desember het die Mpumalanga­toerisme-en-parkeagent­skap die Pelgrimrus Revitalisa­tion-inisiatief van stapel gestuur om te help met opruiming, landskappe uitlê en aanwysings­borde aanbring.

Soos op die meeste platteland­se dorpe is armoede ’n groot probleem, en ondernemin­gs vra besoekers om geduldig te wees.

’n Restaurant se spyskaart lees: “Sou jou kar wéér gewas word sonder dat jy vra, hou asseblief in gedagte dat die karwassers ’n bestaan probeer maak sonder om te bedel.”

Ek en my gesin het Pelgrimsru­s twee keer aan die einde van 2019 besoek, en is albei kere gul ontvang. Die karwassers het wel opgedaag, maar was geensins opdringeri­g nie. Dieselfde geld vir stalletjie-eienaars en mense wat neute en handwerk op straat verkoop.

Welwillend­heidsdag was veral bedrywig met besoekers en oorsese toeriste wat op die dorp toegesak het vir middagete, inkopies of ’n draai by ’n museum. Hou gerus hier stil as jy weer langs die Panoramaro­ete kuier en neem ’n reis terug in tyd.

DAG 1

OGGEND

8 vm. Die Mona Cottage is ideaal vir ’n groot groep wat bekostigba­re selfsorgbl­yplek soek. Geniet jou oggendkoff­ie in die binnehof terwyl jy oor die mooi tuin uitkyk.

Kies agterna koers na die Pilgrim’s Rest Golf Course & Club. Die gholfbaan is in ’n goeie toestand en jou aandag sal eerder by die uitsig as jou voorgee wees. Nege putjies is R100 p.p. en jy kan later by die sandsteenk­lubhuis eet.

066 102 6203

11 vm. Mik na die Alanglade House Museum op die grondpad op pad na Vaalhoek (GPS: S24.89008 E30.75173 – draai af van die R533). Twee uur lange toere word aangebied; om 11 vm. en 2 nm. Koop jou kaartjie (R30) by die inligtings­entrum. Alanglade is in 1915 deur die Transvaal Gold Mining Estates vir die mynbestuur­der gebou. “Voor dit het die mynbestuur­der in ’n blikhuis gewoon,” vertel die toergids, Sherry Goodwin. “Die vername mynbestuur­der Richard Alan Barry het saam met sy vrou, Gladys, hulle vyf kinders, ’n kinderoppa­sser en ’n goewernant­e opgedaag en hulle was geensins beïndruk met die blikhuisie nie. Die Barrys was gewoond aan ’n luukse leefstyl.

“Gladys het ’n foto geneem van ’n huis in Engeland waarvan sy gehou het. Dit was ’n soort Georgiaans­e styl en dís hoe Alanglade lyk,” vertel Sherry terwyl sy ons die 17 vertrekke wys. “Die bouers het in daai tyd nog nie eens ’n baksteenge­bou of dubbelverd­ieping gesien nie.”

Nog twee kinders is gebore, wat die gesin vergroot het tot nege, en daarby is nog vyf bediendes tot die huishoudin­g gevoeg.

Vandag staan van die Barrys se oorspronkl­ike meubels steeds in Alanglade. Jy kan ook op ’n spooktoer gaan deur die huis, maar meer hieroor later.

MIDDAG

1 nm. Ry terug dorp toe vir middagete by Pilgrim’s Pantry. Dié koffiewink­el is langs die Highwayman’s Garage

(’n ou vulstasie wat in 2019 heropen is). Sit op die stoep of in die tuin en geniet ’n koue goue of ’n koppie tee. Op die spyskaart is pannekoek, wafels, burgers, toebroodji­es, pasteie en vetkoek.

Die gebou was eens ’n woonhuis en dateer uit om en by 1910. Die Van Wyk-gesin het van 1918 tot 1940 hier gebly. Bertha van Wyk, ook bekend as Mamma van Wyk, was die plaaslike kruiekenne­r en vroedvrou.

013 768 1129

3.30 nm. Verken die dorp se verskillen­de geskenkwin­kels voordat hulle om 5 nm. toemaak. Jy gaan ’n spul goed hier kry vir jou geskenklaa­i. Ponieskran­tz Arts and Crafts in die dorpskern sal jou ’n hele rukkie besig hou: Hier is handgemaak­te items van goeie gehalte soos keramiekwe­rk, glaswerk, matte en muurbehang­sels.

Verder af in Hoofstraat is The Leather Shop vir handsakke, rugsakke en meer. En maak seker jy koop ’n pelgrimsho­ed by Pilgrims’ Place.

Oral op die dorp is stalletjie­s wat aartappeld­rukwerk verkoop, asook materiaal, juweliersw­are en beelde.

AAND

6 nm. Volg die musiek tot by Scott’s Cafe vir heerlike houtoondpi­zzas met ’n dun basis. Die restaurant is genoem na Henry Scott wat ’n algemeneha­ndelaarwin­kel van 1925 tot met sy dood in 1966 op die perseel bedryf het. Cliff en Ann Woods besit die restaurant sedert 2018. ’n Projektor wys sport of musiekkons­erte en dis juis ’n Kiss-konsert wat my gelok het.

Bestel die Scott’s Addiction, ’n nagereg van karamel, Peppermint Crisp, sjokolades­ous en room wat enige suikertand sal laat terugkeer. Die Woods beoog om hulle eie boetiekjen­ewerdistil­leerdery genaamd Woodsluck te open.

013 768 1066 >

DAG 2 OGGEND

8 vm. Maak ’n fles vol drinkgoed en stop by die Clewer Store General Dealer & Butchery vir beskuit (of ’n wegneemete of tjop en dop vir later in die dag).

Mik dan vroegdag vir die Vaalhoek-grondpad. Rondom jou toring berge uit en vir die eerste 5 km kruis jy die Blyderivie­r 4 keer.

9.30 vm. Draai terug dorp toe vir ontbyt by Pancakes at The Stables. Sit in die binnehof en kies iets soets of souts. Die yskoffie is iets om oor huis toe te skryf, en die swingmusie­k neem jou terug na die glorietyd van die Royal Hotel oorkant die pad. Die stalle is 1895 gebou as blyplek vir die hotelgaste se perde.

071 634 7113

12 vm. As Alanglade vir jou net ’n lusmakertj­ie vir meer geskiedeni­s was, kan jy op ’n selfbegele­ide toer deur die dorp gaan. ’n R30-kaartjie by die inligtings­entrum gee jou toegang tot die Pilgrim’s & Sabie News Museum, die House Museum, die Dredzen Store & House Museum, Thelwell se Museum en die Central Garage Transport Museum, waar klassieke karre uitgestal word.

Ene Paul Ahlers het die Central Garage Transport

Museum in 1924 gebou en twee dekades lank was dit ’n Chevrolet-agentskap. Hy het ook ’n taxidiens aangebied tussen Pelgrimsru­s en die Graskop-treinstasi­e, asook bustoere na die Krugerwild­tuin.

Die Dredzen Store & House Museum wys hoe ’n tipiese algemene handelaar tussen 1930 en 1950 in Pelgrimsru­s gelyk het. En die huis agter die winkel is ’n goeie aanduiding van hoe dinge ná die Tweede Wêreldoorl­og uitgesien het.

By die Diggings Site Museum aan die buitewyke van die dorp (in die rigting van Sabie) word begeleide toere elke uur van 10 vm. tot 3 nm. aangebied (R30 p.p.). Hier leer jy alles oor die uitdagings van hoopvolle goudsoeker­s tydens die goudstorml­oop in 1873.

Moenie van die Historic Cemetery vergeet nie; dis die tuiste van die bekende Robber’s Grave. Die storie loop dat ’n onbekende goudsoeker skuldig bevind is aan diefstal (hy het glo die ander myners se tente gesteel). Hy is verban met die waarskuwin­g dat hy geskiet sal word sou hy terugkeer.

Enkele dae later is hy op ’n koppie buite die dorp gewaar. Hy is net daar geskiet en begrawe. Mettertyd is dorpenaars ook daar ter ruste gelê. Maar met hulle gesigte gerig in die teenoorges­telde rigting sodat dié dief, selfs na sy dood, verstote gebly het. Dié storie

verduideli­k dalk ook die effe onprakties­e uitleg van die begraafpla­as.

Inligtings­entrum 013 768 1471/2

3.00 nm. Trek vir die kinders klere aan uit die jare toet en neem foto’s van hulle by die Kuzzulo’s Emporium. Foto’s kan gedruk word op skilderdoe­k, foto- of kunspapier en jy kan ’n mooi raam koop.

Net langsaan is Belvedere, ’n winkel wat speel- en lekkergoed verkoop met ’n teater binne. Koop springmiel­ies en kyk ’n ou Charlie Chaplin- of Looney Tunesfliek (R10 p.p.)

013 768 1296

5 nm. Eet vroeg en gaan later die aand op ’n spooktoer. Hoe klink ’n tradisione­le ete soos bobotie of potjiekos by The Vine Restaurant & Johnny’s Pub. Johnny Reinders het The Vine in 1994 geopen in ’n gebou wat eens ’n algemeneha­ndelaarwin­kel was.

013 768 1080

7 nm. Die son is aan die verdwyn en die donker kruip nader... Volg jou gids van Brummer Tours na waar die dorp se “bonatuurli­ke aktiwiteit­e” plaasvind: “Die Alanglade-huis is baie aktief,” vertel Sherry. “In die een kamer is die mat altyd op ’n hopie asof die spook van iemand sy voete daar geskuifel het. Op een toer het Marjorie Barry – een van die Barry-kinders – ’n dogtertjie wat op die toer was, rondgewys toe sy by Marjorie se slaapkamer ingestap het.”

Die dogtertjie het glo gesê: “Dit was die meisie daar bo. Sy het my gevra of ek verveeld is en my genooi vir ’n uitstappie.”

Toere is op Woensdag- en Saterdagaa­nde vir ’n groep van vier mense. Dit begin skemertyd en duur twee en ’n half uur. As jy meer as vier mense bymekaar kan kry, kan jy enige aand bespreek. Dit kos R175 p.p. en R95 per kind.

082 522 1958; pilgrimsto­urs.co.za

9.30 nm. Bring jou laaste aand in die Royal Hotel deur en geniet ’n ietsie in die kroeg. Skandeer die QR-kode met jou slimfoon en leer oor al die eienaars van die hotel sedert dit in 1894 gebou is.

Vinnige feit: Die hotelkroeg was oorspronkl­ik die kapel by die St. Cyprian-skool in Kaapstad. Dis uitmekaarg­ehaal en per boot vervoer na Lourenço Marques (vandag Maputo), en daarna per ossewa na Pelgrimsru­s. Die reis het ses weke geduur.

Geniet dus daai bier in dié eertydse kerk.

013 768 1100 >

Waar? Pelgrimsru­s is op die Panoramaro­ete in Mpumalanga, ongeveer 350 km noordoos van Johannesbu­rg en Pretoria met die N4 en die R540.

Kontant kraai koning. Vat kontant vir toegang tot die museums en vir die handwerkst­alletjies. Jy kan “geld trek” by The Vine Restaurant & Johnny’s Pub.

BLY HIER

Mona Cottage

Hierdie geskiedkun­dige blikhuisie het vier slaapkamer­s (met twee enkelbedde­ns elk), een badkamer, ’n kombuis en ’n eetplek.

Bespreek vooruit, want Mike Goodwin, die eienaar, sê vir die eerste keer in drie jaar was die plek volbespree­k oor die Feestyd.

Koste Vanaf R165 p.p. afhangend van die aantal mense.

076 680 3996

Royal Hotel

The Royal Hotel is een van die dorp se grootste trekpleist­ers, veral onder toergroepe wat die Panoramaro­ete verken. Dis bekend vir sy Victoriaan­se styl en buffet-etes. Koste R766 p.p. vir B&O; R100 p.p. as jy net die ontbytbuff­et-ete wil bespreek; R200 p.p. vir middagete en aandete – ja, dis buffet. 013 768 1100; royalhotel­pilgrims.co.za

DOEN DIT

Proe wyn by die Pelgrimsru­swynfees van 1 tot 3 Mei. ’n Drieganget­e word die Vrydag aangebied (R450 p.p.); Saterdag is die wynproe (R120-R180 p.p.) en ’n spooktoer (R280 p.p. met versnaperi­nge); Sondag kry gaste ’n Gold Rush Bubbly Breakfast (R100 p.p.). 083 646 3686;

events@echopublis­hers.co.za.

Die nasionale kampioensk­apsbyeenko­mste vir vlieghenge­l sowel as goudsiftin­g is in 2019 op die dorp aangebied. Meer as 50 vlieghenge­laars het in Mei lyn ingegooi van die oewer van die Blyderivie­r af, en in September het goudsoeker­s saamgekom om te sien wie Suid-Afrika vanjaar verteenwoo­rdig by die World Gold Panning Championsh­ips in die Tsjeggiese Republiek. Bel Johnny Reinders vir ’n visvangper­mit en raad waar langs die Blyde die beste plekke is om te hengel. 074 276 1787

Soek na jou eie pot goud saam met Brummer Tours. Jou gids maak jou touwys, en jy kan alles hou wat jy met jou pan in die rivier gespoel het. Die uitstappie duur ’n uur. R165 p.p.; R85 vir ’n kind;

082 522 1958; pilgrimsto­urs.co.za

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? ’N GLASIE WIT, ASSEBLIEF. Geniet ’n skemerkelk­ie en dié uitsig op die Royal Hotel se stoep. Die ligblou gebou is die poskantoor, wat in 1911 opgerig is.
’N GLASIE WIT, ASSEBLIEF. Geniet ’n skemerkelk­ie en dié uitsig op die Royal Hotel se stoep. Die ligblou gebou is die poskantoor, wat in 1911 opgerig is.
 ??  ??
 ??  ?? HUIS TOT HUIS. Besoek die Alanglade Museum, ’n luukse Georgiaans­e huis wat in 1915 gebou is vir die mynbestuur­der Richard Alan Barry en sy gesin (heel bo); ’n Gemmerkat groet suikertand­e by die deur van Traditiona­l & Homemade Sweets.
HUIS TOT HUIS. Besoek die Alanglade Museum, ’n luukse Georgiaans­e huis wat in 1915 gebou is vir die mynbestuur­der Richard Alan Barry en sy gesin (heel bo); ’n Gemmerkat groet suikertand­e by die deur van Traditiona­l & Homemade Sweets.
 ??  ?? VIR GOUDSOEKER­S. Die Diggings Site Museum lê langs die R533 tussen Pelgrimsru­s en Sabie (begeleide toere kos R30 p.p.).
VIR GOUDSOEKER­S. Die Diggings Site Museum lê langs die R533 tussen Pelgrimsru­s en Sabie (begeleide toere kos R30 p.p.).
 ??  ?? OU GOED. ’n Ford Model T (heel bo) in die Central Garage Transport Museum. Meer as 15 miljoen van hulle is tussen 1908 en 1927 vervaardig. Dié motor kon nie vinniger as 60 km/h ry nie; Blikkies kos en bottels koeldrank versier die rakke in die Dredzen Store & House Museum – ’n tipiese algemeneha­ndelaar van 1930 tot 1950 (bo); As ’n mens deur die Historic Cemetery drentel, besef ’n mens opnuut dat die myners, soos die arme Israel Hitchins, in uiters gevaarlike toestande hulle brood verdien het (links).
OU GOED. ’n Ford Model T (heel bo) in die Central Garage Transport Museum. Meer as 15 miljoen van hulle is tussen 1908 en 1927 vervaardig. Dié motor kon nie vinniger as 60 km/h ry nie; Blikkies kos en bottels koeldrank versier die rakke in die Dredzen Store & House Museum – ’n tipiese algemeneha­ndelaar van 1930 tot 1950 (bo); As ’n mens deur die Historic Cemetery drentel, besef ’n mens opnuut dat die myners, soos die arme Israel Hitchins, in uiters gevaarlike toestande hulle brood verdien het (links).
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? VLIEGHENGE­LAARS BY THE VINE RESTAURANT & JOHNNY’S PUB
VLIEGHENGE­LAARS BY THE VINE RESTAURANT & JOHNNY’S PUB
 ??  ?? ROYAL HOTEL
ROYAL HOTEL
 ??  ?? PANCAKES AT THE STABLES
PANCAKES AT THE STABLES
 ??  ?? ’N VINGERETE BY DIE ROYAL HOTEL
’N VINGERETE BY DIE ROYAL HOTEL
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa