Weg!

AGTER DIE SKERMS

Die vryskutskr­ywer Kieran Legg het dié maand die Swartland verken (bl. 52). Hy het geleer dat boere helde is, dat sonbrandro­om ’n noodsaakli­kheid is en dat ’n mens in Suid-Afrika selfs op die vreemdste plekke kan tuis voel.

-

Hoe put ’n mens die beste uit ’n besoek aan die Swartland? Ry sonder ’n plan. Die Swartland lê wyd, maar die dorpies is redelik na aan mekaar. Jy kan dus afdraaipaa­ie vat sonder om te verdwaal (pasop net vir die rowwer plaaspaaie rondom Piketberg).

Draai vroegdag by wynplase en padstalle in – veral oor naweke. Die meeste plekkies maak reeds ná middagete toe.

Wat was jou hoogtepunt? Die sonsopkoms van my kamer se stoep af by die Du Vlei-gastehuis was spesiaal.

Oral waar ek gegaan het, het mense my laat tuis voel – Cobus Bester het my genooi om koffie te kom drink op sy plaas en ’n paar manne van Eendekuil het vir my ’n louwarm bier so sit-sit van hulle stoep af aangebied.

Wat was jou gunsteling­dorp? Portervill­e het my baie langer laat vassteek as wat ek verwag het, en die rustigheid van Moorreesbu­rg is lafenis vir ’n stadsmens se siel. Maar dit was die plekke tussen die dorpies wat my bybly, soos die wingerde op Billy Hughes se plaas en die Desert Rose-plaasstal naby Koringberg.

Wat het jy oor Suid-Afrika geleer? Ek is ’n Namibiër wat onlangs na Atlanta in die VSA getrek het, maar Suid-Afrika lok my altyd terug.

Die Swartland som dit vir my op: Dele van die land kan tegelykert­yd vreemd én bekend voel. ’n Avontuur lei jou na onbekende plekke, maar oral voel jy geborge.

Wat is altyd in jou reissak? ’n Kompas. My Duitse opa én my Engelse grandpa het gesê dit sal eendag my lewe red. Tot nou toe het ek dit nog nooit gebruik nie, maar ’n mens weet nooit nie...

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa