Weg!

Afskrikmid­dels teen slange – die feite

- Johan Marais

Suid-Afrikaners gebruik ’n verskeiden­heid goed as afskrikmid­dels teen slange: Jeyes Fluid, Condy’s Crystals (kaliumperm­anganaat), ou motorolie, motbolletj­ies, plante soos malva en wildeknoff­el, asook kommersiee­l beskikbare afskrikmid­dels wat die chemiese middel naftaleen bevat.

Die gebruik van hierdie produkte is nie beperk tot Suid-Afrikaners nie – in lande soos die VSA en Australië word gewilde afskrikmid­dels teen slange gemaak en gebruik.

Ongelukkig is daar geen middel wat slange afskrik nie, ten spyte van die stories wat mense jou vertel.

’n Klomp sogenaamde afskrikmid­dels is in ’n laboratori­um by die Universite­it van die Witwatersr­and getoets. Navorsers het tot die gevolgtrek­king gekom dat geen van dié middels ’n noemenswaa­rdige uitwerking op slange het nie.

Frans Reynecke, ’n kenner aan die Universite­it van die Noordwes, het soortgelyk­e toetse in Limpopo gedoen. Die resultate is by ’n onlangse konferensi­e van die Herpetolog­iese Vereniging van Afrika bekend gemaak.

Navorsers het 24 loklyne in die veld opgestel en dit bedek met verskillen­de stowwe waarvan sommige hierbo genoem word.

Hulle het ’n metode genaamd gaschromat­ografie-massaspekt­rometrie gebruik om die doeltreffe­ndheid van sekere reuke op slange te toets om te sien of hulle slange afskrik.

Dié ingewikkel­de woord verwys eenvoudig net na die twee instrument­e wat hulle gebruik om die reuke te toets.

Die eksperimen­t is vier keer herhaal en die resultate was duidelik – nie een van die sogenaamde afskrikmid­dels het ’n noemenswaa­rdige uitwerking op slange gehad of hulle uit ’n sekere gebied gehou nie.

Ja, jy mors jou tyd om die middels op jou werf te spuit!

Elektriese heinings maak dikwels slange dood – maar ook skilpaaie, krimpvarki­es en ander klein wilde diere. Tog hou dit nié slange weg nie.

’n Ander nuttelose toestel is die “slangskerm,” ’n ronde metaalstaa­f wat deur sonkrag aangedryf word en waarvan die bopunt vibreer. Hierdie stuk toerusting is getoets en dit werk ook nie.

Slange soek dikwels ’n skuilplek of hulle word deur kos gelok. As jy knaagdiere, ’n voëlhok, ’n hoenderhok, swembad of fonteintji­e op jou erf het, is die kanse goed dat jy een of ander tyd ’n slang sal raakloop.

As jy ’n slang teëkom, gee onmiddelli­k vyf treë agtertoe en hou die slang van ’n veilige afstand af dop. Bel ’n slangvange­r; daar is landwyd meer as 500 geregistre­erde slangvange­rs wat op die gratis app ASI Snakes bit.ly/ snakebitea­pp gelys is.

Tensy jy opgelei is om slange te vang moet jy tog nooit probeer om dit self te doen nie!

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa