Weg!

Angus McIntosh

- – Kyra Tarr

Dié boer het eers as aandelemak­elaar in Londen gewerk voordat hy na Stellenbos­ch teruggekee­r het. Toe het hy die Farmer Angus-handelsmer­k op die Spier-wynlandgoe­d gestig. Hy wou die manier verander waarop Suid-Afrikaners

kommersiël­e voedselpro­duksie benader.

Hoe het jy begin boer? Ek het op ’ n plaas naby Estcourt in KwaZulu-Natal grootgewor­d, maar ’n ander rigting as my ouers ingeslaan toe ek besluit het om bestuursre­keningkund­e aan Universite­it van Stellenbos­ch te studeer.

In 2000 het ek Londen toe getrek en as aandelemak­elaar by Goldman Sachs begin werk. Vier jaar lank was dit net stres, stres, stres... maar nadat ek The Omnivore’s Dilemma deur Michael Pollan gelees het, het ek ’ n kopskuif gemaak. Die boek gaan oor die gevolge van ons koskeuses op die omgewing.

Ek het baie geleer van Joel Salatin, ’ n boer van Polyface Farms in die VSA. Ek het besluit om ook volgens vernuwende beginsels te boer en kosproduks­ie tuis te verander.

Ek het in 2004 na Suid-Afrika teruggekee­r en in 2008 op die Spier-wynlandgoe­d begin boer.

Wat is die beginsels van vernuwende landbou? Die mensdom het ’n geweldig negatiewe invloed op ons planeet se ekostelsel­s. Ons moet die natuur herstel, aanvul en herbou terwyl ons kos produseer.

Vernuwende landbouers produseer kos wat propvol voedingsto­wwe is en herstel die skade wat tradisione­le grootskaal­se landbou veroorsaak het.

Die belangriks­te beginsel waarop vernuwende landbou gebou is, is om ’n klomp diere vir ’n kort tydjie op een klein stukkie grond te laat wei, en dan gereeld hulle kampe rond te skuif sodat die grond vir minstens ses weke kan rus.

Waarom hou jy nie van die woord “volhoubaar” nie? Wat is daar om mee vol te hou? Waarom wil ons volhou met die huidige besoedelin­gsvlakke en toenemende kankersyfe­rs, of dieselfde aantal mense wat sterf weens vetsug en hongersnoo­d?

Daar is niks in vandag se wêreld wat volhoubaar is nie, en daarom het ons die woord op die plaas verbied. Die woord beteken niks vir my nie. Ons probeer liewer om alles te herstel; nie om dit te onderhou nie.

Hoe lyk ’n tipiese dag in jou lewe? Elke dag is anders. Gewoonlik staan ek om 5 vm. op vir ’n bietjie dinktyd. Dan kyk ek na my e-posse en gee aandag aan my sosialemed­iarekening­e. Ek oefen jiu-jitsu en vat my kinders skool toe; dan is dit tyd om die plaas aan die gang te kry. Van daar af hardloop ek soos ’ n dol hoender rond of neem mense op plaastoere. Ek probeer om ná 7.30 nm. na niks elektronie­s te kyk nie.

Beskou jy jou produkte as nis-items? Op die oomblik, ja. Maar baie mense kyk die verskuilde koste van kosproduks­ie mis. Kospryse neem nie die verwoestin­g van ons omgewing in ag nie; dit sluit ook nie die onverantwo­ordelike gebruik van antibiotik­a en die mishandeli­ng van diere in nie.

Ek dink verbruiker­s se mag lê in die keuses wat ons maak. As ons besluit om etiese boere nou te betaal, sal ons nie eendag ’n fortuin aan doktersrek­eninge hoef te betaal nie.

Hoe kan gewone Suid-Afrikaners meer etiese keuses maak as dit kom by kos? Mense moet besef dat kos jou óf kan genees óf siek maak.

Dan eers begin hulle vrae vra oor waar hulle kos vandaan kom en hoe dit geprodusee­r word.

Ondersteun gerus die klein ondernemin­gs. Koop jou kos so na as moontlik aan die bron. Vermy suiker en hoogs verwerkte kos.

Wat wil jy nog doen? Ek werk daaraan om ’n nuwe goedgekeur­de uitvoersla­ghuis oop te maak en om uitheemse plante op die plaas in biochar te omskep. Dié produk lyk baie soos steenkool, maar die doel is om die grond se vrugbaarhe­id te bevorder.

Leer meer oor Angus se plaas en sy visie vir die toekoms by farmerangu­s.co.za

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa