Weg!

Not Child’s Play

-

deur Dave Muller, MFBooks Joburg

R250 in boekwinkel­s

Min dinge is erger as ’n gesinsvaka­nsie wat in ’n totale nagmerrie ontaard. Hierdie boeiende memoir vertel wat die Muller-gesin van Oos-Londen – Dave, sy vrou, Sandy, en hulle twee kinders, Tammy (8) en Seth (5) – getref het.

In 1990 het die gesin noord geseil na die Bazaruto-eilandgroe­p op hulle geliefde seiljag, Arwen. As seun het Dave daarvan gedroom om eendag met sy eie seiljag eksotiese plekke te verken.

Nadat hulle ’n woeste storm naby Bazaruto oorleef het, besef Dave “you may chase your dream, but don’t presume you are in control of your fate”. Kort hierna het hulle seiljag gestrand.

Dit was in die tyd van die burgeroorl­og in Mosambiek, maar die gesin is vooraf deur toerismebe­amptes gerus gestel dat die kuslyn veilig is. Toe nie...

Hulle is gevange geneem deur vyf Renamo-kindersold­ate met AK47’s, wat dieselfde dag twee ander volwasse gyselaars met bajonette vermoor het.

Dave en sy gesin was 49 dae lank gyselaars by ’n Renamo-kamp totdat hulle uiteindeli­k in ’n militêre operasie gered is.

Hy skryf ook oor die paradoks van die genadelose kindersold­ate wat soms met sy eie kinders gespeel het. Selfs al was hulle by tye vreesbevan­ge, kon Dave betekenis vind in wat hy beskryf as “precious times of forced togetherne­ss”.

Not Child’s Play lees soos ’n puik spanningsr­oman en is ’n merkwaardi­ge vertelling oor die bisarre beproewing van ’n gesin wat net vakansie wou hou.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa