Weg!

DIE KLASSIEKE DRIE

-

Platteklip­ravyn

Moenie dat die naam Platteklip jou mislei nie – die roete is allermins plat! Hoewel dit die veiligste roete tot bo-op Tafelberg is, het heelwat stappers al hulle moses teëgekom aan die voorkant van die berg. Gaan stap liefs vroegoggen­d of in die agtermidda­g wanneer die son nie so giftig brand nie.

Die eerste 300 m klim deur digte fynbos al langs ’n stroompie tot by ’n kruising met die kontoerpad. Volg die kontoerpad na links vir sowat 100 m tot waar die Platteklip­roete na regs opdraai. Van hier af is die sigsagroet­e tot bo duidelik sigbaar.

Die volgende 500 m van die roete het geen skaduwee nie. Moenie in die son staan en rus nie – druk eerder deur tot by die rotswand ’n paar 100 m verder. Die laaste 500 m is reguit op met die kloof, maar dis darem in die koelte van kranse. In die winter is hier gewoonlik stroompies wat by die rotswande af loop.

Parkeerple­k Die beginpunt is op Tafelbergw­eg,

1,5 km verby die onderste sweefspoor­stasie. Soek na ’n parkeerple­k langs dié teerpad.

Kasteelspo­ort

Dié roete is Platteklip­ravyn se stiller en aantreklik­er neef en gee jou toegang tot ’n minder bekende deel van die berg en ’n grootse uitsig van Kampsbaai en Bakoven.

Om by die beginpunt uit te kom, moet jy eers sowat 3 km met die Pyppad (sien bl. 37) langs stap tot waar Kasteelspo­ort teen die berghellin­g opswenk. Jy kan jou maar gereed maak vir lam bobene, maar die roete is relatief eenvoudig en jy hoef net hier en daar ’n bietjie te klouter.

Sowat 1 km van waar die klim begin, is ’n groot, plat klip (Breakfast Rock) – hou piekniek en neem kiekies van Leeukop in die noorde. Hierna swaai die voetpad in ’n kloof op; bo is jou opsies legio: Op ’n windstil dag kan jy die moed bymekaar skraap om op Die Duikplank (foto bo) te gaan staan.

Of mik reguit verby die damme, deur Echovallei en met die Smutsvoetp­ad (genoem na Jan Smuts wat dié pad nog gereeld kom stap het toe hy al in die sewentig was) langs tot by die bopunt van Platteklip­ravyn. Of, as jy ’n permit vir die Oranjekloo­freservaat op die Agtertafel het, kan jy by die Woodheadda­m regs draai en via Disasloep tot by Constantia­nek afstap.

Parkeerple­k Los jou voertuig by die Glen-parkeerter­rein aan die bopunt van Kloofnek. Jy kan ook in Bakoven parkeer – sien die Woodyravyn op bl. 35.

Leeukop

Tafelberg en Leeukop se roetes begin min of meer op dieselfde hoogte bo seespieël, maar Leeukop is sowat 400 m laer en die roete is ook glad nie so steil óf lank nie. Die voetpad krul in ’n spiraal om die kop en dit neem sowat ’n uur om tot bo by die baken te stap.

Dis waarskynli­k die toeganklik­ste en daarom gewildste roete. ’n Mens kan op ’n Saterdagog­gend kletsende stapmaats, ernstige drawwers én gesinne met honde aantref.

Vir die eerste kilometer stap jy met ’n breë tweespoorp­ad langs, waarna die pad smaller en klipperig raak. Hier is kort-kort ’n bankie vir die kortasems en ’n mens wíl eintlik gaan sit, want die uitsig verander gedurig.

Op een steil plek help ’n paar kettings stappers om teen die rotse op te klouter. Daar is egter ’n makliker alternatie­f (wat net ’n tikkie langer is) vir diegene wat nie vir die kettings kans sien nie. As jy by die eerste ketting kom, hou links verby op die duidelik uitgetrapt­e voetpad.

Van heel bo af het jy ’n 360°-uitsig oor die stadskom, Robbeneila­nd, die Gewelberge en Clifton se strande.

Parkeerple­k Draai aan die bopunt van Kloofnekwe­g regs op die Vlaebergpa­d. Parkeer by die Wendyhuisi­e sowat 600 m verder en volg die tweespoorg­rondpad teen die helling op.

Wat nog? Dis tradisie om Leeukop met volmaan uit te stap. Onthou jou koplampie! >

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa