Weg!

LUILEKKER SLENTERS

-

Leeukop-sirkelroet­e

Waar die bekende staproete teen Leeukop uit na links wegspring, hou jy regs – teen ’n paar trappies op – in die rigting van Vlaeberg. Die voetpad loop die eerste 800 m parallel met die teerpad tot by ’n grafkelder

(sien kassie).

Van hier af sak die voetpad links van die grafkelder af tot by ’n T-aansluitin­g met ’n ander een wat van Seepunt se kant af aankom. Hou hier links, al bo die huise van die buurte Fresnaye en Bantrybaai langs. Naderhand stap jy deur ’n klossie bome – kyk op na die rotskoepel­s hier links van jou – dis éintlik Leeukop se mooiste kant.

Anderkant die bome verras ’n mooi uitsig oor Clifton se strande jou voordat die roete weer stelselmat­ig klim. Rondom 3,5 km is daar ’n vurk in die pad – hou hier links teen die trappies uit tot waar ’n bankie in die koelte van dennebome ’n welkome blaaskans verseker. Hierna is dit ’n kort entjie deur suikerboss­e en proteas tot waar die voetpad by die Kloofweg-teerpad aansluit.

Stap nou wakker – hier’s ’n paar blinde draaie tot by die Kloofnekkr­uising.

By die kruising swenk jy saam met die Vlaebergpa­d terug teen die berg op, en sowat 250 m verder klim jy met sementtrap­pies op linkerhand terug tot op die voetpad. ’n Laaste stewige bultjie en jy is terug by die beginpunt.

Nou kan jy ’n koffie bestel en onder die bloekombom­e aan die stad se kant van die Vlaebergpa­d gaan sit en kyk hoe die mensdom doer onder woel.

Wag, “koffie bestel”? Dis reg, hier’s deesdae ’n koffietrok­kie van Vida e Caffè!

Parkeerple­k Langs die Vlaebergpa­d. Mik vir die begin van die bekende Leeukoproe­te (daar’s ’n bordjie).

Die Pyppad

Dié roete bo Kampsbaai lei jou nou wel nie tot bo-op die berg nie, maar dis gelyk en maklik vir ’n oggenduits­tappie. Hier’s min skaduwee, sorg dus dat julle vroeg wegspring en dra genoeg water saam.

Die tweespoorp­ad is in 1887 gebou toe ’n pypleiding met akwadukte hierlangs aangelê is – al die pad van Disasloep teen die Agtertafel, deur die 700 m lange Woodheadto­nnel (die 1 300 m lange Geweltonne­l het dit in 1960 vervang) tot by die Moltenores­ervoir in Oranjezich­t.

Die paadjie hou al op ’n kontoer langs, met die blou baaitjies van Kampsbaai en Bakoven wat tussendeur hoë dennebome vir jou wink. Plek-plek stap julle op of langs die groot ou waterpype en die akwadukpil­are verby.

Ná sowat ’n uur se stap moet jy die berg mooi bekyk vir Penny’s Cave in die Fonteinrav­yn. Die storie loop dat ’n Amerikaner, Joshua Penny, teen sy sin gedwing is om in die Britse Vloot op skepe te dien. Maar in 1795 het Penny van die HMS Sceptre ontsnap toe dié in Tafelbaai voor anker gelê het. Hy het 14 maande lank in die berg weggekruip, net om uit te vind dié skip het enkele weke ná sy ontsnappin­g gesink.

Ná sowat 4 km word die tweespoorp­ad ’n enkelspoor­paadjie waarmee jy uiteindeli­k tot op die Grootkoppi­ek (in lyn met die Twelve Apostles-hotel) kan stap. Maar jy hoef nie – besluit self hoe ver jy wil gaan en draai dan op jou spoor terug.

Parkeerple­k Op linkerhand nes jy van die Kloofnekkr­uising af in Tafelbergw­eg links gedraai het.

Deer Park-sirkelroet­e

Hierdie reservaatj­ie aan die roksoom van Tafelberg is oor naweke ’n kuierplek vir stedelinge met fietse, honde, kinders of gedagtes wat nie wil afskakel nie. Van die parkeerter­rein af swenk ’n voetpad eers af teen die helling, maak ’n kinkel en volg dan die Platteklip­stroom teen die berg uit.

Dit klink na ’n kwaai klim, maar houtbruggi­es help vir vastrapple­k op glibberige kolle. Dis in dié stroom se waters dat die slawe aan die Kaap in die ou dae kom wasgoed doen het – vandaar die naam “Platteklip,” wat verwys na die breë klipbanke in die stroom waarop hulle die wasgoed oopgeskud het om droog te word.

Bly teen die stroom totdat jy bó die bome uitkom en op ’n kontoer op ’n breë tweespoor na links swenk.

Blaaskans! Draai om en kyk hoe blink die wolkekrabb­ers se glasvenste­rs in die son. En neem in die somer foto’s van die plate pienk watsonias wat weerskante van die pad groei.

By ’n vurk in die pad hou jy regs op die tweespoor, maar bly aan die linkerkant van die pad, want drawwers en fietsryers kom met ’n hengse spoed hierlangs af! ’n Taamlike gelyk 2 km volg, met die stad op links en die berg op regs, tot waar die roete reg in lyn met Oppelskop skerp afswenk na Vredehoek se huise toe. Mooi trap! Dié sanderige bultjie is lief vir basvelle.

Hou nou net al die pad links, deur ’n gordel dennebome, en steeds reguitaan tot terug by jou motor. En dan is dit tyd vir ’n welverdien­de ontbyt by die Deer Park Café ( 021 462 6311) af in die straat.

Parkeerple­k Aan die bopunt van Deerparkry­laan, Vredehoek. Dis ’n dubbelpad – hou links. Die hek is oop van sonop tot sononder.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? WEES VEILIG
Moet nooit alleen gaan stap nie en moenie goed in jou motor laat rondlê nie – die parkeerter­reine is dikwels op stil kolle waar diewe maklik ongesiens ’n ruit kan uitslaan.
Dra stapstewel­s of ordentlike staptekkie­s. Neem áltyd ’n warmding, sonskerm, ’n hoed en minstens 2 ℓ water saam.
Neem Slingsby se Tafelbergk­aart saam. Dit kos R165 by
slingsby-maps.myshopify.com Stoor dié noodnommer op jou selfoon: 021 937 0300
WEES VEILIG Moet nooit alleen gaan stap nie en moenie goed in jou motor laat rondlê nie – die parkeerter­reine is dikwels op stil kolle waar diewe maklik ongesiens ’n ruit kan uitslaan. Dra stapstewel­s of ordentlike staptekkie­s. Neem áltyd ’n warmding, sonskerm, ’n hoed en minstens 2 ℓ water saam. Neem Slingsby se Tafelbergk­aart saam. Dit kos R165 by slingsby-maps.myshopify.com Stoor dié noodnommer op jou selfoon: 021 937 0300
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa