Weg!

RUIGTES VIR BALJAAR

-

Ceciliabos

Dié stukkie berghang, genoem na Cecil John Rhodes, is voorheen vir kommersiël­e plantasies ingespan. Die strook inheemse afro-gematigde woud wat langs die rivier oorgebly het, word vandag streng beskerm.

Die Spilhausra­vyn met sy poele en rooiels- en assegaaibo­me is maklik bereikbaar. As die kinders ’n bietjie ouer is en vir die steiltes kans sien, kan julle die Ceciliarav­yn oorweeg en tot by die waterval aan sy bopunt stap (dis sowat ’n uur se stap van die parkeerter­rein af ). Die verknotte bome en druppende mosbaarde laat ’n mens soos ’n elf in The Lord of the Rings voel.

Parkeerple­k By die kruising van Rhodesryla­an en Hohenortla­an, Constantia.

Oranjekloo­f

Dié beboste ravyn is die enigste deel van die berg waarvoor jy ’n permit moet hê – die afro-gematigde woudspesie­s en ander inheemse plante word beskerm. Die rooidisa blom in die laatsomer hier.

Die Oranjekloo­f-gebied het ’n paar roetes, maar die skaduryke Disasloepr­oete is die mooiste. Dit begin by die Constantia­nek-parkeerter­rein. Maak seker jy volg die pad na links. Ná sowat 200 m behoort jy ’n aanwyser van die Hoerikwagg­o-staproete te sien – volg dit.

Die helling deur die inheemse woud klim vir sowat 4 km geleidelik tot aan die onderpunt van Disasloep. Die klim vra mooitrap – die mosoortrek­te rotse is glad! Die sloep is die ene watervalle­tjies en rotspoele en aan die bopunt wag nog ’n verrassing: die 50 m hoë klipwal van die Woodheadda­m. Hóm hoef jy darem nie ook uit te klim nie – daar is trappies teen die linkerkant van die klofie uit. Parkeerple­k Die Constantia­nek-parkeerter­rein. Permit Slegs 12 stappers word per dag in Orangekloo­f toegelaat en jy moet ’n (gratis) permit hê. Skakel 021 422 1601 om een te reël.

Jy ontvang dit per e-pos en moet die permit saamdra ingeval ’n veldwagter binne die reservaat jou daarvoor vra.

Kirstenbos­ch

Dié botaniese tuin is die kroon van die Kaapse blommeryk met ’n verskeiden­heid van ongeveer 7 000 inheemse, unieke en bedreigde plantspesi­es. Die meeste mense kom hierheen om met ’n boek onder ’n boom te lê, oor die Boomslang-wandelbrug te loop of ’n skemeraand­konsert by te woon, maar die tuin bied ook vele opsies vir toonklap.

Die Brailleroe­te is slegs 450 m lank en is ’n goeie manier om kleuters te wys watter wonders jy te voet kan sien. Dit moedig jou aan om al jou sintuie in te span – jy voel aan die boomstamme en luister na die geritsel van paddas en voëls in die plantegroe­i.

Gesiggestr­emdes volg ’n gidstou van een punt na ’n volgende. ’n Stopblok in die tou dui aan waar ’n inligtings­bordjie staan, met interessan­te feite in Braille sowel as grootskrif. Hier is sithoekies vir bene rus en ’n spuitkraan om jou waterbotte­l vol te maak.

Parkeerple­k Aan Rhodeslaan (die M63), tussen Nuweland en Constantia­nek.

Oop September tot Maart 8 vm.-7 nm.;

April tot Augustus van 8 vm.-6 nm.

Prys R75 p.p. (R20 per kind, gratis vir kinders jonger as 6.) Koop ’n kaartjie by webtickets.co.za

Kontak 021 799 8782; sanbi.org

weg.co.za

Nuwelandbo­s

Daar is áltyd skaduwee en bergstrome in die Nuwelandbo­s wat dit ’n heerlike speelplek vir kinders en honde maak.

Daar is ’n maklike roete wat van die parkeerter­rein af stroomlang­s tot op die Houtkapper­spad loop. Kinders haak altyd eers by die Nuwelandbr­andweersta­sie neffens die parkeerter­rein vas en vergaap hulle aan die helikopter­s. Van daar af hou ’n mens links tot oor die Nuwelandst­room en teen die oorkantste oewer langs op met die houttrappi­es.

Dis ’n matige opdraande deur die koel dennewoud. Sowat 500 m verder is ’n klipbrug waar jy kan piekniek hou en in die poel onder ’n waterval kan afkoel. Daarna kan jy die stroom oorsteek en met die Littlewort-voetpad terugstap na die parkeerter­rein. Maar as jy ongeskonde natuurskoo­n aan dié kant van die berg wil sien, sal jy nog ’n entjie moet aanstoot: Stap oor die klipbrug en draai links by die bankie aan die oorkant. Volg dié paadjie deur die inheemse woud. Wees op die uitkyk vir die wildepersk­ebome en goue wawielspin­nekoppe wat hulle groot webbe tussen die takke span.

Parkeerple­k Langs die Nuweland-brandweers­tasie in Unielaan.

Wat nog? Die vrywillige brandbestr­yders hou elke jaar in November ’n aksiebelaa­ide ope dag. Hulle wys hoe hulle brande blus en die jongspan kan op die brandweerw­aens ry! vws.org.za >

 ??  ??
 ??  ?? DIS ’N WINSKOPIE!
As jy van plan is om baie bo-op die berg te kom stap, oorweeg die Cable Card. Dit kos R800 p.p. (R400 per kind, R1 000 vir ’n ouer en kind) en is geldig vir ’n jaar – een retoerrit per dag.
tablemount­ain.net
DIS ’N WINSKOPIE! As jy van plan is om baie bo-op die berg te kom stap, oorweeg die Cable Card. Dit kos R800 p.p. (R400 per kind, R1 000 vir ’n ouer en kind) en is geldig vir ’n jaar – een retoerrit per dag. tablemount­ain.net
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa